23/09/2026
Schalk Bezuidenhout - Live by Desert Palace Resort
Hey Hey Ek’s Geskei
Het jy al ooit deur ’n egskeiding gegaan? Wel, Schalk het. En gelukkig vir jou móét hy daaroor praat. Hoekom? Omdat dit goedkoper is as terapie. Rou, eerlike stand-up op sy allerbeste – met miskien selfs ’n enkele traan wat teen die linkerwang afrol. Dit is hopelik – in die naam van alles wat goed en lekker is – die eerste én laaste show oor ’n egskeiding wat Bezuidenhout ooit sal doen. Moenie dit misloop nie.
Datum: 03, 04 & 05 November 2026
Plek: Desert Palace Resort
Kaartjies beskikbaar aanlyn by Quicket
https://www.quicket.co.za/events/399250-hey-hey-eks-geskei/?ref=events-list #/