Die Plaaskind Padstal

Die Plaaskind Padstal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Die Plaaskind Padstal, Restaurant, de vlught, Uniondale.
(1)

Die Plaaskind Padstal is a destination farm stall in the heart of the Prince Alfred Pass, known for authentic country hospitality, homemade food,local products and a warm,atmosphere.Enjoy hearty breakfasts, traditional meals, fresh coffee, baked treats.

En toe gebeur dit… die padskraper het gekom en sommer ʼn Excavator saamgebring....Onthou julle nog ons vorige storie van ...
06/09/2026

En toe gebeur dit… die padskraper het gekom en sommer ʼn Excavator saamgebring....

Onthou julle nog ons vorige storie van die R339, die wegvalplek wat bietjie té smal was en die beroemde "volgende week”?

Wel… VOLGENDE WEEK HET AANGEKOM!🤣

Die manne het opgedaag, die padskraper het begin werk en daardie wegvalplekke word reggemaak en sommer ’n lekker bietjie breër gemaak ook.

Ek sê julle… die R339 begin nou so mooi lyk, ons oorweeg dit ernstig om lynmerke te verf en almal te vra om links te hou!🤭

Op hierdie stadium is die pad amper beter as party teerpaaie in Gauteng. 😜
Maar wag… voordat iemand nou te vinnig ry — hierdie is nog ’n Plaaskind-pad, so ons moenie nou grootkop raak nie! 🤣

En natuurlik, as die pad nou beter is… beteken dit net een ding:

☕TYD VIR ’N KOFFIEBREUK! ☕

Want wat is ’n mooi nuwe pad sonder ’n lekker koffie langs hom?

Maar grappies op ’n stokkie — dankbaarheid sit diep in my borskas.

Wanneer jou pad jou lewe, jou werk, jou besigheid en jou hele gemeenskap aan die gang hou, besef jy weer hoe groot ’n klein stukkie pad eintlik kan wees.

Miskien… net miskien… begin dinge nou weer effens normaal raak.

Miskien kan ons weer asemhaal.
Miskien kan ons weer planne maak.
Miskien kan ons weer besig raak.

Baie dankie aan die manne wat opgedaag het en hande uit die moue gesteek het. Julle werk beteken vir ons meer as wat julle dalk besef.

Die R339 leef weer!!
En so stadig maar seker… begin ons ook weer.....

Nou kom kuier — die pad is oop, die koffie is warm en die Plaaskind is weer besig! ♡

-die plaaskind

06/09/2026
05/09/2026

Beyond blessed!!!

Thank you for the support means the world to us. ♡

04/09/2026

Lieflike 26mm van gister af

03/09/2026

Daar is iets besonders aan die eerste dae van lente…
nie die groot, dramatiese aankoms van sonskyn en warm dae nie, maar eerder hierdie sagte, stil begin.

’n Fyn misreëntjie wat oor die berge hang.
Waterdruppels wat soos klein glasies aan die bloeisels vasklou.
Pienk blommetjies wat sommer uit die grys lug uit besluit: hier is ek.

Die veld word stadig weer groen.
Die madeliefies maak hulle oggendgesiggies oop.
Die beeste lê rustig en herkou asof daar nêrens in die wêreld ’n gejaag bestaan nie.

En vir ’n oomblik… vergeet ’n mens ook daarvan.

Geen haastigheid nie.
Geen moet nog nie.
Net mis oor die berge, koffie wat stadig koud word, voëls wat hulle eie gesprekke voer en die reuk van nat aarde wat jou herinner dat die lewe eintlik baie eenvoudiger kan wees.

Miskien is dit wat lente kom leer:

Dat nuwe beginne nie altyd met ’n storm van verandering kom nie.
Partykeer kom hulle stilweg…
in die vorm van ’n blommetjie,
’n druppel reën,
’n sagte oggend
en die vrede van net wees.

Slow life.
Stadiger asemhaal.
Die klein mooi raak sien.
En dankbaar wees vir hierdie stukkie hemel tussen die berge.

Want party dae hoef niks besonders te gebeur nie…
die wêreld is klaar magies genoeg. ♡

— dieplaaskind

Dankie  :)
02/09/2026

Dankie :)

GEORGE, HOU JOU OË… EN JOU MAAG… GEREED!Is jy 25 & 26 September in of naby George?Dan móét jy kom loer! Hier wag ongeloo...
01/09/2026

GEORGE, HOU JOU OË… EN JOU MAAG… GEREED!

Is jy 25 & 26 September in of naby George?

Dan móét jy kom loer! Hier wag ongelooflike vroue, unieke produkte en kos wat jou dieet binne die eerste vyf minute gaan laat bedank.😂

Na daai lang winter is dit tyd om die winterkombers af te gooi, jou siel ’n bietjie te bederf en jou honger behoorlik te voer!🤤🤤

D**k aan daardie vars, geurige happies wat jou neus eerste raaksien…
die soort kos wat jou laat sê:

Ek gaan net gou proe…..

…en dan staan jy vyf minute later met ’n bord in jou hand en wonder of "net nog een” tegnies as ’n tweede porsie tel. 🙄🤣🤣

En moenie eers begin oor die lekkernye nie…
soet, vars, geurig en gevaarlik maklik om te eet.

Kom honger.
Kom kuier.
Kom bederf jouself.

En terwyl jy nou besig is om jouself te bederf, kan jy sommer vroegtydig met Kersinkopies ook begin. 🎄🎁

Unieke produkte.
Plaaslike vroue met talent.
Lekker kos.
En genoeg mooi goed om jou beursie effens senuweeagtig te maak. 😂

📍 The Acropolis Venue , George
Shop The Pop
📅 25 & 26 September

So bring jou ma, suster, vriendin, buurvrou…
of sommer net jou honger self.....

Sien jou daar!

31/08/2026

Wil julle meer van Uniondale weet.... Moenie hierdie misloop nie.

Address

De Vlught
Uniondale
6490

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00
Saturday 07:00 - 17:00
Sunday 07:00 - 17:00

Telephone

+27440500266

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Plaaskind Padstal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category