09/04/2026
Van kampvure tot kombuise 🔥🍲
Ons het onlangs die voorreg gehad om ’n Voortrekkerkamp se pot aan die kook te hou — en dit was ekstra spesiaal! Elize Henn, die hart agter die kos, is al vir 30 jaar ’n trotse Voortrekker. Sy het as ’n drawwertjie by Suiderkruis Voortrekkers begin in 1988 en dra steeds daardie trots vandag saam.
Met ’n lewenslange liefde vir kosmaak en ’n passie om mense te bederf met heerlike disse, is dit vir Elize ’n ware plesier om vir Voortrekkerkampe te kook. Dis nie net kos nie — dis herinneringe, tradisie en gemeenskap op ’n bord.
Dankie dat ons deel kon wees van julle kamp! 🇿🇦✨