10/10/2014
Ja, daar was 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Baie dankie vir almal wat ons ondersteun het. Bly asb Anchor se familie, hulle het 'n pragtige web-site, en weet hoe om dit te gebruik. Dit het nou tyd geword vir verandering.
Ek wil graag vir almal wat direk of indirek betrokke was by die restaurant, baie dankie se vir alle hulp. Sonder julle kon ons nie 'n sukses van die plek gemaak het nie. Al my ou staatmakers,Kotie,Jessie,Sandra, - I looovvveee you. Vir my man en kinders. Dankie dat julle ALTYD plek vir my gemaak het.Altyd daar was vir my. Ek hoop ek kan nou opmaak vir die tye wat ek nooit daar was vir julle nie. Lief julle so baie. As ek iemand vergeet het, sorry, maar soos gewoontlik, is ek haastig, is oppad Rooi Kruis hospitaal toe.
Nogmaal dankie julle. Baie liefde. Bye-bye