09/12/2020
Dag sĂȘ Moot en Pretoria vriende
Dit het onder ons aandag gekom dat daar op die âmoot koop en verkoopâ groep ân klagte is oor ons kos, asook ander negatiewe kommentaar wat gemaak is op die âpostâ. Ons het al die kommentaar deur gelees, en wil julle verseker dat ons nie almal afskryf as onwaar of stories nie, maar dat ons die kritiek ter harte neem om ons diens lewering, asook ons kos en higiĂ«ne te verbeter.
Ons maak geen verskonings, vir onsmaaklike ervarings (letterlik en figuurlik) wat enige kliĂ«nt by ons gehad het nie, en probeer na die beste van ons vermoĂ« om dit ten alle tye reg te stel, so laat ons asseblief weet. Dis ons diens aan julle, ons kliente, wat julle wel verdiende geld by ons spandeer, en ons 60+ werkers wie hulle brood en botter by ons verdien, dat ons moet streef om te verbeter waar ons kan. Hierdie was ân moeilike jaar vir die Restaurant bedryf en ons het hard gewerk om ons diens te verbeter en ons winkel op te knap.
Hiermee nooi ons dus ons kliente uit om ons daarop te wys as ons verkeerd doen en waar ons nie op standaard is nie, deur ons amptelike facebook blad te gebruik, in persoon met ons te gesĂȘls, of ons te skakel, en doen ons ân beroep op almal wat hierdie lees en wat lank terug by ons was, of nog nooit by ons was nie, om te kom kuier en self te besluit of ons op alle vlakke en standaarde aan julle vereistes van ân kuierplek en restaurant voldoen.
Oppiplaas bestaan al 20 jaar en is ân kenmerk van die moot.
Sommige van ons werk al langer as tien jaar hier, en werk hard om ons nalatingskap vorentoe, asook die bestaan van Oppiplaas vir nog vele jare meer te verseker.
Dankie vir jul ondersteuning deur die jare.
âPsâ Ons gaan nie kommentaar lewer oor die intensies van sekere van die kommentare op die âmoot koop en verkoopâ groep se post nie.