09/01/2026
Wat is V60 Pour-Over Koffie?
V60 pour-over koffie is wat gebeur wanneer koffie stadiger begin lewe vat. Dis ’n handbrou-metode waar jy warm water met opset, geduld en ’n bietjie flair oor vars gemaalde koffie gooi. Geen knoppies nie. Net jy, water en bone.
Die V-vormige drupper sorg dat die water mooi deur die koffie vloei, sodat jy nie ’n bitter skok kry nie, maar ’n skoon, gebalanseerde koppie vol geur. Dis koffie wat nie skree nie — dit praat.
V60 werk besonders goed met medium roasts, waar balans alles is. En dis presies hoekom JAN BOON Medium Roast hier tuis voel:
👉 JAN BOON Medium Roast — vir mense wat tee verstaan, maar koffie kies.
Vir dié wat self wil begin brou: JAN BOON verkoop ook die V60 Hario drupper aanlyn, saam met die V60 Hario filters — alles wat jy nodig het om reg te begin. Geen ekskuse meer nie.
In Suid-Afrika raak V60 al hoe gewilder onder mense wat hul koffie soos ’n ritueel hanteer. Dis nie vir jaag nie. Dis vir sit, ruik, proe… en dalk nog ’n koppie.
V60 is nie net hoe jy koffie maak nie.
Dis hoe jy koffie waardeer. ☕
Doen navraag by vir meer info
sluk.janboon@gmail. com.