01/01/2026
Ter nagedagtenis aan Ethan Lourens.
Met diep hartseer het ons verneem van die onverwagte en tragiese verlies van Ethan Lourens, ons restaurant bestuurder. Ethan was nie net 'n leier in die werksplek nie, maar 'n vriend, mentor en inspirasie vir almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.
Ons sal sy teenwoordigheid, sy lag, sy leiding en die manier waarop hy altyd die beste in ander gesien het, baie mis. Ethan het 'n onuitwisbare merk gelaat op almal wat hom geken het en sy nalatenskap sal voortleef in die werk wat hy gedoen het en die mense wat hy aangeraak het.
Ons innige meegevoel en opregte simpatie met sy familie, vriende en kollegas.
Anรฉ Wait
Ichnus Wait
Pronk
Buffelsfontein Beesboerdery
AfriForum Teater