Delwersfees Witfontein

Delwersfees Witfontein Vanaf 2004 hou Witfontein die lekkerste Delwersfees! Vanjaar vier ons ons 23ste fees op 29 Augustus 2026 @ NHK Witfontein, te Stasiestraat 750, Pretoria Noord

Vanjaar sien ons uit om op DV 3 September 2022 'n fees der feeste te hou, nadat ons vir 2 jaar ingeperk was en beperk was. Vanjaar kan jy sama ons uitsien na:

1. DELWERYE - Hier kan vanjaar R35 000 kontant gewen word. Met R15000, R10000, R5000 as die eerste 3 groot kontantpryse & dan nog 5 troospryse van R1000 elk. 'n Delwersertifikaat kan aangekoop word teen R25 wat jou instaat stel om deel tera

ak van die delwerye. Sertifikate kan aangekoop word by Paula Vermaak by die Witfontein Kerkkantoor. Skakel Paula gerus by 012-546-5678/087-830-0686 OF dit kan veilig aanlyn gekoop word by www.nhkwitfontein.co.za

Die reëls is op die sertifikate en die wenners word op 3 September 2022 om 15:00 bekendgemaak en dit sal aanlyn gestroom word op Witfontein se Facebookblad en op witfonteindelwersfees op Facebook.


2. KOSVERKOPE - Vanjaar is al die tradisionele kosstalletjies en die bederf daarmee saam terug. Die alombekende Delwersontbyt, die tradisionele etes, kerrie-en-rys, pannekoek, basaarpoeding, hamburgers, teetuin, gebaktafel en vele meer.

3. WITOLIFANTE - Daar sal wel Witfolifantverkopings plaasvind en ons vra persone wat items wil skenk om mooi uit te kyk wat ons reëlings hier rondom gaan wees. Ons sal sekere dae beskikbaar stel, waarop Witolifante by die kerk besorg kan word. Indien jy meer inligting verlang, skakel gerus vir Jimmy 083-254-4771 of vir Janine by 083-260-0983.

Jy word hartlik uitgenooi na die heel eerste beplanningsvergadering vir die Witfontein Delwersfees vir 2026. Elkeen se i...
03/06/2026

Jy word hartlik uitgenooi na die heel eerste beplanningsvergadering vir die Witfontein Delwersfees vir 2026. Elkeen se inset is essensieel – kom deel jou idees en help bou aan ’n fees wat ons gemeenskap gaan laat skitter!

NHK Witfontein sê baie dankie!
03/09/2025

NHK Witfontein sê baie dankie!

Address

750 Stasie Str
Pretoria
0182

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Delwersfees Witfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Delwersfees Witfontein:

Share