VLU Monumentpark

Directions Website Contact the business

VLU Monumentpark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLU Monumentpark, 79 Eland Road, Pretoria.

VLU Tak in Jakarandastreek
Vergadering: Elke 2e Di van die maand
Tyd: 9:30
Plek: NG kerksaal, Monumentpark
Voorsitter: Liezel Loock
Kontakno: 082 877 4801
Skakelbeampte: Charlene Gush
Kontakno: 084 504 0854

Tutti Rudman het op Maandag 21 September vir ons ‘n werksklas aangebied oor getelde-draad borduurwerk en ons het weereen...
25/09/2026

Tutti Rudman het op Maandag 21 September vir ons ‘n werksklas aangebied oor getelde-draad borduurwerk en ons het weereens besef hoe bevoorreg ons is om hierdie diamant-vrou in ons tak te hê. Tutti het ons geleer wanneer ‘n borduursteek as getelde draad kwalifiseer en het ons touwys gemaak in ‘n paar steke sodat ons ons kompetisie item vir borduurwerk in 2027, makliker kan aanpak. Ten spyte van uitroepe van ‘Ag nee, daar verloor ek die draad’, O jinne, waar’s dit gaatjie nou heen?’ en ‘Dit lyk beslis nie reg nie! Tutti, help!’, het ons almal aan die einde van die werksklas met suksesvolle oefenwerk kon uitstap.

25/09/2026
Met lente in die lug het Monumentpark Tak se dames ons takvergadering by die Tina Skukan Kunsgalery gehou.  Hierdie heer...
25/09/2026

Met lente in die lug het Monumentpark Tak se dames ons takvergadering by die Tina Skukan Kunsgalery gehou. Hierdie heerlike restaurant en kunsgalery is voorwaar ‘n plek van rus en ‘n vars asemteug in ‘n gejaagte lewe. Ons het die voorreg gehad om die kunsateljee en galerye te besoek saam met Annelise Bowker. Annelise is ‘n bekende kunstenaar wie se werke nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal uitgestal word. Sy het met ons gesels oor wat haar klasse behels asook die waarde om met mediums te eksperimenteer. Die Galerye by Tina Skukan val onder kurator Rex Nigrini se sorg en beplanning, en is voorwaar ‘n dinamiese ervaring om te besoek. Die restaurant word deur Thea Nigrini bestuur en sy is ook die hand agter die fenominale verversings wat beskikbaar is. Dit was heerlik om hier saam te kuier en vergadering te hou.

Met Augustus se tak byeenkoms het ons spreker, Melinda Botha, stigter van Deafways, ons gevra:Wat se storie vertel jou h...
17/08/2026

Met Augustus se tak byeenkoms het ons spreker, Melinda Botha, stigter van Deafways, ons gevra:
Wat se storie vertel jou hande? Kyk na jou hande en dink aan alles wat jy met jou hande doen; jy bak, kook, skryf, brei, teken, versorg en nog baie, baie meer. Jou hande is deel van jou storie. So het jou hande die vermoë om ‘n brug te bou en ‘n gesprek aan te knoop met gehoorgestremdes.
Melinda se praatjie het ons letterlik aan haar lippe en hande laat hang met hoe leersaam en insiggewend dit was en het verseker gehelp om ons harte lekker warm laat klop op ‘n baie koue dag! Besoek gerus haar webwerf vir meer inligting - www.deafways.co.za
Liezel en haar gasvrouspan het die dames met heerlike versnaperings bederf gedurende teetyd waar die opkomende Kongres met opgewondenheid bespreek is.

VLU Monumentpark het op 24 Julie ‘n papier-mosaiek werksklas gehad.  Daar is met ywer geknip en geplak en pragtige kuns ...
26/07/2026

VLU Monumentpark het op 24 Julie ‘n papier-mosaiek werksklas gehad. Daar is met ywer geknip en geplak en pragtige kuns gemaak. Fotos is geneem deur Tutti Rudman en Liz Louw.

Op 14 Julie 2026 het VLU Monumentpark ‘n heerlike oggend van saamkuier en kreatiwiteit gehad - alles vir ‘n goeie doel. ...
26/07/2026

Op 14 Julie 2026 het VLU Monumentpark ‘n heerlike oggend van saamkuier en kreatiwiteit gehad - alles vir ‘n goeie doel. Die Dames het by Urban Fields Padstal hul vaardighede aan die werk gesit om ‘n bydrae te maak vir Cupcakes of Hope, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat fondse insamel ten einde kinders met kanker te ondersteun. Die Dames is geleer hoe om ‘n fondant-skyfie te versier. Hierdie skyfies sal op kolwyntjies geplaas word tydends hul September fondsinsameling waar hierdie kolwyntjies verkoop sal word.

Address

79 Eland Road
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Monumentpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to VLU Monumentpark:

Shortcuts

Share