Karin's Kitchen In Pearly Beach

Karin's Kitchen In Pearly Beach We are not Fancy.. we are just plain down to earth.. All our Food is made with Love. ��

12/10/2025
28/08/2025

🥧 TERTDOPPIES MET 6 VULSELS............
HIER IS JOU 2 RESEPTE BOEKE VIR NET N R100.
KOOP ONS SUIDWESTERS MAAK KOS RESEPTE BOEK VIR R100 (Waarde R249)
En KRY ons Poeding Boek ter waarde van R199 Gratis.
Stuur 'n e-pos na: [email protected] OF [email protected]........
Tertdoppies (+-100 stuks)

Bestandele:

3 koppies meelblom

2 eiers

2 teelepels bakpoeier

250 g margarien

½ koppie melk

Knippie sout

Metode:

Meng droë bestanddele met ’n mes.

Vryf margarien in meel.

Klits eiers en melk saam en meng by droë bestanddele (moenie knie nie, gebruik ’n mes).

Rol deeg uit en druk sirkeltjies uit.

Plaas in kolwyntjiepannetjies en druk liggies vas.

Bak 5–10 minute by 180°C tot ligbruin.

VULSELS
1. Cremora Vulsel

1 koppie Cremora

¼ koppie kookwater

½ blik kondensmelk

¼ koppie suurlemoensap

Meng Cremora en kookwater. Voeg kondensmelk en suurlemoensap by en klits goed. Vul doppies.

2. Lemon Curd

2 eetl. botter

1 koppie suiker

2 eiers

Skil en sap van 2 suurlemoene

Smelt botter en voeg suiker, suurlemoensap en skil by. Klits eiers, gooi warm mengsel stadig by en kook oor lae hitte tot dik. Koel af en vul doppies.

3. Dadel Vulsel

1 blik kondensmelk

250 g dadels, fyn gesny

400 ml klapper

Meng alles en skep in doppies.

4. Kondensmelk Vulsel

1 blik Karamel Treat

Peppermint-sjokolade, gerasper

Styfgeklopte room

Gesnipperde kersies

Laag sjokolade onder, dan karamel, room bo-op en eindig met ’n kersie.

5. Melktert Vulsel

3 eetl. koekmeel

4 koppies melk

½ koppie suiker

1 teel. vanielje

3 eetl. maizena

4 eiers (geskei)

1 eetl. botter

Knippie sout

Meng meel + maizena met bietjie melk. Klits eiergele en suiker, voeg vanielje + sout by.
Verhit melk tot kookpunt, roer meelmengsel in en kook tot dik.
Roer eiergeelmengsel in, kook stadig op en roer botter by.
Vou geklitste eierwitte in, gooi in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor.

6. Pynappel Vulsel

1 blik fyngedreineerde pynappel

1 teel. botter

2 eiers (geskei)

½ koppie suiker

½ koppie water

4 teel. vlapoeier

Kook pynappel, water en suiker. Klits eiergele met vlapoeier en roer in pynappelmengsel. Kook tot dik. Vou geklitste eierwitte in. Skep in doppies (moenie weer kook nie).

Ander Idees

Gekookte kondensmelk

Nutella

Aarbeikonfyt + geklopte room

Gesmelte sjokolade met pekanneut

Ganache met vars aarbeie

25/08/2025
Vla en Kondensmelk Tert Resep 🍮🥛🍋'n Maklike en heerlike tert met 'n romerige vla en kondensmelk vulsel! 💛Bestanddele: • ...
19/08/2025

Vla en Kondensmelk Tert Resep 🍮🥛🍋

'n Maklike en heerlike tert met 'n romerige vla en kondensmelk vulsel! 💛

Bestanddele:

• 1 liter melk 🥛

• 5 eetlepels suiker 🍬

• 3 opgehoopte eetlepels mielieblom 🌾

• 2 opgehoopte eetlepels vlapoeier 🥣

• 125 ml suurlemoensap 🍋

• 1 blik kondensmelk 🥛

• 2 pakkies Tennis beskuitjies 🍪

Instruksies:

1. Bring melk tot kookpunt met die suiker 🥣.

2. Meng in 'n beker die mielieblom en vlapoeier met 'n bietjie melk om 'n pasta te vorm 🥄.

3. Voeg mielieblom en vla mengsel by die melk en meng goed saam en laat prut vir 'n paar minute ⏳.

4. Meng in 'n ander bak die kondensmelk en die suurlemoensap saam 🥣.

5. Plaas 'n laag beskuitjies onder in 'n bak en gooi die helfte van die vla mengsel oor 🧺.

6. Plaas nog 'n laag beskuitjies bo-op die vla mengsel 🍪.

7. Gooi die kondensmelk mengsel bo-op die tweede laag beskuitjies 🥄.

8. Plaas nog 'n laag beskuitjies 🍪.

9. Gooi die ander helfte van die vla mengsel bo-op die beskuitjies 🥄.

10. Druk 'n paar beskuitjies fyn en sprinkel bo-oor 🥣.

11. Plaas in die yskas om te stol tot gereed om te bedien 🥶.

12. Geniet! 😋

Een Minuut Sjok koekKlaar in 1 minuut in die mikrogolf! ✨ • 4 eetlepels meel • 3 eetlepels suiker • 2 teelepels kakaopoe...
16/08/2025

Een Minuut Sjok koek
Klaar in 1 minuut in die mikrogolf! ✨

• 4 eetlepels meel

• 3 eetlepels suiker

• 2 teelepels kakaopoeier

• 1 teelepel bakpoeier

• 1 ½ eetlepels olie

• 4 eetlepels melk

Meng alles tot goed gemeng, dan in jou mikrogolf vir 1 minuut. Jy het jou nagereg! 🎉 Jy kan sommer gesmelte sjokolade byvoeg om dit nog meer klam en lekker te maak.

Bron Ek is Afrikaans - resepte vir elkeen

Lekker resepte vir die jongergeslag

13/08/2025
13/08/2025

Bring holiday joy to your home with these adorable handcrafted Christmas ring decorations! Whether it’s Santa, reindeer, or a festive tree, each piece is glowing with magic and charm. Perfect for gifting or decorating! 🎄💫

Address

Pearly Beach
7221

Telephone

+27763728426

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Karin's Kitchen In Pearly Beach posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Karin's Kitchen In Pearly Beach:

Share