14/07/2026
ππ WELKOM IN ONRUSRIVIER
Ons huldig hierdie jaar opnuut weer vir Onrusrivier, en in besonder ook die De Wetsaal, waar die Kalfiefees vir soveel jare sy kern gehad het.
Onrusrivier is veel meer as net βn pragtige kusdorpie β dit is βn plek met βn ryke geskiedenis en unieke karakter. π En hierdie jaar is dit ook die tuiste van verskeie Kalfiefees-opvoerings! π
Die oorspronklike naam van hierdie geliefde kusdorpie was Onrust. Bewyse daarvan kan vandag nog in die Kaapse Argiewe gevind word.
β¨ Reeds in 1663 het goewerneur Zacharias Wagenaer, opvolger van Jan van Riebeeck, verkenners uitgestuur om riviere, berge en ander landmerke langs die kus name te gee. Dit was belangrik om die gebied te karteer, veral met die oog op skeepsstrandings. Daarom dra baie plekke in die Overberg vandag nog hul oorspronklike Hollandse name, soos Palmietrivier, Botrivier, De Kelders, Schulphoek en Gansbaai.
π€ Maar waar kom die naam Onrust vandaan?
Daar word geglo dat die vroeΓ« verkenners die riviermond dopgehou het en opgemerk het hoe dit voortdurend oop- en toespoel. Dit het hulle herinner aan die "onrust" β die slingerende onderdeel in βn ou horlosie wat aanhoudend heen en weer beweeg. So het die rivier sy naam gekry, en later ook die berg en uiteindelik die dorp.
π Die eerste opgetekende verwysing na Onrust dateer uit 3 Desember 1722, toe Johannes Pleunis in sy dagboek skryf dat hulle by die seestrand oornag het op βn plek wat die mense "Onrust" genoem het.
In 1953 het die Pleknaamkommissie besluit om verskeie Suid-Afrikaanse dorpsname te verafrikaans, en sΓ³ het Onrust amptelik Onrusrivier geword.
π Vandag leef die dorp se geskiedenis, kultuur en unieke identiteit steeds voort β iets waarop inwoners met reg baie trots is.
π Kom beleef hierdie besondere dorpie tydens die Kalfiefees en geniet van die fees se opwindende programme wat hier aangebied word!
ποΈ Bespreek jou kaartjies:
π www.kalfiefees-hermanus.co.za
ποΈ Kaartjie-navrae:
π 012 880 2635
π± WhatsApp 061 520 9041
π§ [email protected]