21/12/2023
Goeiemore dierbare kliente van voorgeen Olifant Watergat Restaurant.
Eerstens wil k en Jannie vir jul n geseënde feestyd toewens mag jul dit saam met geliefdes deurbring en altyd onthou waaroor dit gaan.
Tweedens ons wil jul bedank vir jul lojale ondersteuning gedurende die tydperk wat ons die Restaurant bedryf het ons waardeer jul opreg .
Dan wil ons ook graag hiermee Kennis gee dat ons geen verdere verbintenis met die nuwe Eienaar en sy personeel meer het nie ook nie telefoon nrs nie, jammer. Jul sal altyd vir ons spesiaal bly maar geen verdere Restaurant inligting is beskukbaar op ons telefone nie.
Ons vertrou jul sal verstaan agv gesondheidsredes het ons nie weer kans gedien om n nuwe kontrak te hernu nie.
Mooidag vol liefde
Jannie en Marthie