01/09/2026
Daar is iets besonders aan September. Die oggende voel anders, die dae raak warmer en ʼn mens sien oral tekens van nuwe lewe.
By Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom herinner die lente ons daaraan dat groei nie altyd groot en opvallend hoef te wees nie. Groei word dikwels in klein, gewone dinge sigbaar: ʼn beter dag, ʼn nuwe kans, ʼn bietjie meer selfvertroue.
Mag hierdie nuwe seisoen elkeen van ons daaraan herinner om die nuwe en positiewe dinge raak te sien, dankbaar te wees en aan te hou bou.