BitterSoet

BitterSoet Tuisgemaakte lekkerte. Roomys vir elke geleentheid

Our 2 seconds of fame 🥳2 Sekondes het my lanklaas so opgewonde gemaak!!Dankie aan via se kamera-man dat jy ons ook raakg...
22/04/2026

Our 2 seconds of fame 🥳

2 Sekondes het my lanklaas so opgewonde gemaak!!

Dankie aan via se kamera-man dat jy ons ook raakgesien het 😉
En dankie aan CCD Wildsvleis dat julle ons heerlike roomyse in julle winkel verkoop.

As jy die hele uitsending wil gaan kyk en saam met ons wil deel in die opwinding, Episode 10 van Dorpie-doenlys het nog 'n paar heruitsendings. (Maar moenie jou oë knip nie, dan gaan jy ons dalk mis)

Maak Moedersdag hierdie jaar ekstra spesiaal met ons Bederfboksies.Bestellings kan geplaas word by 076 636 4664 Beperkte...
14/04/2026

Maak Moedersdag hierdie jaar ekstra spesiaal met ons Bederfboksies.

Bestellings kan geplaas word by 076 636 4664

Beperkte voorraad beskikbaar.

BitterSoet
Danielle Conradie Koekeloeks

14/04/2026
18/03/2026
Ons geur vir hierdie week is...MIXED BERRY 🫐🍓🍒Heerlik vars, maar steeds ryk en romerig. 'n Mengsel van bloubessies, aarb...
24/02/2026

Ons geur vir hierdie week is...

MIXED BERRY 🫐🍓🍒

Heerlik vars, maar steeds ryk en romerig. 'n Mengsel van bloubessies, aarbeie en kersies, afgerond met 'n heerlike witsjokoladebrownie... Hierdie een is beslis onder die volwassenes en kinders 'n gunsteling.

🍷En vir die wynsnobs...

McGregor Winery se lieflike Pinot Noir





Hou ons Facebook-blad dop om te sien watter geur volgende week die smaakkliere prikkel.

Like, share, comment - dit kos jou niks nie😉, maar het eindelose waarde vir BitterSoet
Lindie Du Plessis

Heerlikste speelplek vir die kinders.Gaan sit en ontspan met 'n glas wyn in die een hand en 'n roomys in die ander 😉
11/02/2026

Heerlikste speelplek vir die kinders.
Gaan sit en ontspan met 'n glas wyn in die een hand en 'n roomys in die ander 😉

Wat is dan nou lekkerder as pannekoek wanneer dit reën??Ons het nog nie 'n pannekoekgeur roomys probeer nie, maar die na...
09/02/2026

Wat is dan nou lekkerder as pannekoek wanneer dit reën??

Ons het nog nie 'n pannekoekgeur roomys probeer nie, maar die naaste wat ek huidiglik daaraan kan kom is dan verseker melktert 😉😅
Hulle sê dat die geur van kaneel angstigheid kan verminder, gevoelens van welstand bevorder en depressie verlig.

Vandag se geur dan...

MELKTERT

Hierdie kaneelgeurige-lekkerny word afgerond met 'n wortelbrownie.

En vir die wynsnobs...
Geniet dit saam met 'n glas McGregor Winery Shiraz.





Hou ons Facebook-blad dop om te sien watter geur volgende week die "Flavour of the week" is.

Like, share, comment - dit kos jou niks nie😉, maar het eindelose waarde vir BitterSoet
Lindie Du Plessis

Die enigste 3de wiel wat jy hierdie Valentynsdag wil hê😉Want wat is dan nou meer romanties as 'n pizza, wyn en roomys tr...
04/02/2026

Die enigste 3de wiel wat jy hierdie Valentynsdag wil hê😉

Want wat is dan nou meer romanties as 'n pizza, wyn en roomys trio?

Moenie vergeet om julle tafel by McGregor Winery te bespreek nie.

☎️ 023 626 1160

Robertson Wine Valley
WineandMore Robertson

Ek is so bevoorreg om my eie granadillabos te hê. Verlede week kon ek en my dogtertjies 2 emmers vol granadillas optel e...
02/02/2026

Ek is so bevoorreg om my eie granadillabos te hê. Verlede week kon ek en my dogtertjies 2 emmers vol granadillas optel en verwerk. Bea het natuurlik meer geëet as wat sy gehelp het 😅🥰
Maar ek kla nie, lekker baie vitamiene C en anti-oksidante om al die skooltjie-siektes te beveg.

Daarom is ons geur vir die week...

GRANADILLA

Heerlike Granadilla roomys met tuisgemaakte granadilla pulp, gemaak van die vars geoesde granadillas uit my tuin. Hierdie kaaskoekagtige roomys word gekomplimenteer deur 'n "zesty" suurlemoenbrownie

En vir die wyn- snobs...

Die sitrusgeure van 'n McGregor Winery Chenin Blanc maak hierdie lekkerte nóg lekkerder.





Hou ons Facebook-blad dop om te sien watter geur volgende week in die "lime light" is! (No pun intended😉)

Like, share, comment - dit kos jou niks nie 😉, maar het eindelose waarde vir BitterSoet
Lindie Du Plessis

Address

McGregor
McGregor
6708

Telephone

+27766354664

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BitterSoet posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to BitterSoet:

Share

Category