Geliefd

Geliefd Met loof & liefde

Ons sien julle Saterdag!πŸͺ΄πŸ›οΈβ˜€οΈIngang | R30 per volwasseR10 per kindVoorskool gratis🌳🌳🌳
10/09/2026

Ons sien julle Saterdag!πŸͺ΄πŸ›οΈβ˜€οΈ

Ingang | R30 per volwasse
R10 per kind
Voorskool gratis

🌳🌳🌳

Heerlike lente mark Saterdag by Geliefd! πŸͺ»πŸŒ³πŸ§ΊπŸ›οΈ9:00-15:00
08/09/2026

Heerlike lente mark Saterdag by Geliefd! πŸͺ»πŸŒ³πŸ§ΊπŸ›οΈ

9:00-15:00

🌸 Nog net 2 weke! 🌸Die Geliefd Lente Mark is amper hier! Kom kuier saam op 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd in Le...
29/08/2026

🌸 Nog net 2 weke! 🌸

Die Geliefd Lente Mark is amper hier! Kom kuier saam op 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd in Leeudoringstad.

✨ Plaaslike uitstallers
β˜• Lekker koffie
🍰 Heerlike eetgoed
πŸ›οΈ Unieke handgemaakte produkte

Toegang: R30 | Kinders R10 | Voorskool gratis.

Tag sommer iemand wat saam met jou moet/ gaan kom! 🌿

Oor minder as 3 weke hou ons lekker mark! β˜€οΈMerk 12 September op jou kalender en kom geniet ’n heerlike lentedag saam me...
23/08/2026

Oor minder as 3 weke hou ons lekker mark! β˜€οΈ

Merk 12 September op jou kalender en kom geniet ’n heerlike lentedag saam met ons by Geliefd in Leeudoringstad.

Kom kuier tussen plaaslike uitstallers, geniet ’n lekker koppie koffie, smul aan heerlike eetgoed en ontdek unieke handgemaakte produkte. Bring gerus jou piekniekkombers en maak ’n dag daarvan saam met familie en vriende terwyl die kinders lekker speel.

πŸ“… 12 September 2026
πŸ•˜ 09:00–15:00
πŸ“ Geliefd, Leeudoringstad

Toegang:
🌿 Volwassenes – R30
🌿 Kinders - R10
🌿 Voorskool – Gratis

Geen buitekos of -verversings word toegelaat nie.

Stuur vir almal en nooi jou kuiermense saam – ons sien uit daarna om julle by Geliefd te verwelkom! β˜•πŸŒ·

GELIEFD SE LENTE-MARK 🌳Die lente is amper hier… en ons maak plek vir ’n lekker dag van kuier, koffie, lekker eet en rond...
12/08/2026

GELIEFD SE LENTE-MARK 🌳

Die lente is amper hier… en ons maak plek vir ’n lekker dag van kuier, koffie, lekker eet en rondkuier tussen al die mooi dinge! 🌸

Kom geniet ons Lente-mark op Saterdag 12 September van 09:00–15:00 by Geliefd.

🧺 Bring jou piekniekkombersie saam, kry vir jou ’n lekker koffie en iets te ete, sit ’n rukkie en kuier en geniet die dag saam met familie en vriende.

Verwag:
🌷 Mooi blomme
🍰 Lekker eetgoedjies
πŸ’Ž Juwele
🎨 Kleurvolle, unieke produkte
🏑 Heuning produkte
πŸͺž Huissitems en klere
πŸ›οΈ Ingelegde produkte
β˜•οΈ Lekker koffie
…en natuurlik baie lekker kuier!

Kom maak ’n dag daarvan β€” bring die kinders, nooi jou vriendinne en pak daardie piekniekkombers in die kar. 🧺🌿

Geliefd se Lente-mark
πŸ“ Geliefd, Leeudoringstad
πŸ“… Saterdag 12 September 2026
⏰ 09:00–15:00

Ons sien uit om saam met julle die lente te vier! 🌸

β€˜n Oggend vir vroue, deur vroue, met baie liefde. Wat ’n besonderse Vrouedag-oggend! πŸ€β€™n Oggend van lekker kuier, koffie...
10/08/2026

β€˜n Oggend vir vroue, deur vroue, met baie liefde.

Wat ’n besonderse Vrouedag-oggend! 🀍

’n Oggend van lekker kuier, koffie, heerlike sop, kreatiwiteit, lag en sommer net ’n bietjie tyd om asem te haal.

Elke dame het haar eie hout serving board geskep β€” iets uniek, iets persoonlik en iets wat sy huis toe kon neem as ’n herinnering aan ’n spesiale oggend. πŸͺ΅πŸŽ¨

Ons het die oggend begin met die woorde:

β€œIets wat die moeite werd is om te hΓͺ, is altyd die moeite werd om voor te bid.” 🀍

Mag ons aanhou bid vir die dinge wat in ons harte leef, en mag ons nooit vergeet hoe kosbaar ons is nie.

Dankie aan elke dame wat deel was van hierdie spesiale oggend. 🌿

’n Oggend om te onthou. ’n Bord om huis toe te neem. En baie mooi herinneringe om saam te dra. 🀍

Dames, dit is amper tyd vir ’n heerlike oggend van kuier, kreatiwiteit en lekker bederf! 🀎Kom spandeer ’n rustige oggend...
27/07/2026

Dames, dit is amper tyd vir ’n heerlike oggend van kuier, kreatiwiteit en lekker bederf! 🀎

Kom spandeer ’n rustige oggend by Geliefd, geniet ’n lekker ligte ete, koffie en sjerrie, en skep jou eie unieke kiaat- of jakaranda-houtbord wat jy huis toe kan neem.

Geen ervaring is nodig nie β€” net ’n lus vir ’n lekker damesoggend! ✨

πŸ“… Maandag, 10 Augustus
⏰ 09:30
πŸ’° R300 per persoon
πŸ“ By Geliefd

Daar is beperkte spasie oor, so bespreek jou plek vandag nog! 🌿

Nog β€˜n paar kaartjies oor vir ons lekker kuieroggend!🌾Anisca 0799172772
16/07/2026

Nog β€˜n paar kaartjies oor vir ons lekker kuieroggend!🌾

Anisca 0799172772

Ter viering van Vrouedag skep ons ’n spesiale kreatiewe oggend vir dames om saam te kuier, te ontspan en iets moois te m...
01/07/2026

Ter viering van Vrouedag skep ons ’n spesiale kreatiewe oggend vir dames om saam te kuier, te ontspan en iets moois te maak πŸ€πŸ–ŒοΈ

Elke dame ontvang ’n hout serving board wat sy na haar eie smaak kan ontwerp, verf en afwerk. Aan die einde van die oggend neem jy jou unieke, handgemaakte bord huis toe.

Omdat ons dit intiem hou, is plekke beperk πŸ“†

Kontak my vir meer inligting of om jou plek te verseker!

Address

Einde Van Botha Straat, 100m Op Grondpad
Leeudoringstad
2640

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Geliefd posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category