11/09/2024
Liewe Kanna Kombuis Kliënte
Dit is met groot hartseer maar ook groot opgewondenheid dat ons met julle wil deel dat Conrad en Susan, Die Kanna Kombuis Restaurant sal oorneem vanaf 1 Okt 2024.
Ons gaan wel aan met ons Groente en Vrugte winkel soos julle hom ken. Ons is baie opgewonde om al die positiewe veranderings te sien en wens hulle voorspoed, geluk en groot sukses vorentoe.
Die besluit is geneem om Kanna Kombuis te verhuur weens Lourensa se Persoonlike redes:
"Ek as enkel ouer kan ongelukkig nie Mamma wees en voltyds werk (dag en nag oop wees) asook admin by bring nie. Ek het n fantastiese ondersteunings netwerk maar kan nie verwag dat hulle die heeltyd moet help nie alhoewel ons hard probeer het om al die punte bymekaar te hou bly die feit steeds dat my kinders hul ma nou nodig het."
Ons het hard gebid oor die besluit en die Here het deure oop gemaak vir ons. Ons hoop dat almal dit sal respekteer.
Ons as Kanna Kombuis span wil vreeslik graag baie dankie sê aan ons getroue kliënte vir die jare se ondersteuning en ook vir die jare vorentoe.