19/10/2022
πDie Krokodilfees week het uiteindelik aangebreek! π
Maak seker jy en jou gesin loop nie hierdie naweek se prettige feestelikhede mis by Koster Gholfklub saam met Bernice West, Beeskraal en Freckled Elvis nie. πΈπ₯
Ons bied graag hierdie Saterdag βn heerlike fees aan ten bate van Keegan van Zyl (8) en sy gesin vir die behandeling van Duchenne Spierdistrofie.
Terwyl die gholfspelers al 9h00 afslaan, maak ons ons hekke dan ook daardie tyd oop. Daar sal heerlike kosstalletjies, musiek en vermaak wees regdeur die dag. ππ₯³ Ons biertuin en gin kroeg begin om 11h00 drankies bedien en daar is βn reeks van allerlei stalletjies en produkte in ons opelug mark waardeur u gerus kan kom loop. π»πΈ
Ons sien julle daar πβ€οΈπ