Eetsaam met Keppies

Eetsaam met Keppies Hier word gebak en brou met baie liefde, noukeurige beplanning en stylvolle uitleg

Eagon & Nicole se groot dag op Kanoneiland Op ’n reënerige dag op die pragtige Kanoneiland het Eagon en Nicole hul liefd...
24/09/2026

Eagon & Nicole se groot dag op Kanoneiland

Op ’n reënerige dag op die pragtige Kanoneiland het Eagon en Nicole hul liefde gevier en die begin van ’n nuwe hoofstuk saam ingelui.

Soos altyd het ons ’n heerlike verskeidenheid van die gunstelinge voorberei:
🥂 Canapés & Voorgeregte • Braai-voorgereg
• Heerlike quiche
• Canapé-broodjies
• Vars vrugte
• ’n Keurige kaasbord

🍽️ Hoofgereg • Sappige gebraaide lam
• Gebakte hoender
• Blomkool & broccoli met bacon en kaas
• Pampoenpoffers
• ’n Heerlike uitpak-slaai

🍰 Nagereg • Sjokolade-brownies
• Caramel-kaaskoek
• Tradisionele koeksisters

’n Reënerige dag, heerlike kos en ’n besonderse paartjie wat hul spesiale dag saam met geliefdes gevier het. 🤍

Nicole & Eagon..Loading..
24/09/2026

Nicole & Eagon..
Loading..

Heerlike aand by NG Kerk Augrabies se jaarslikse fondsinsameling ! ✨Ons het die voorreg gehad om deel te wees van die NG...
10/09/2026

Heerlike aand by NG Kerk Augrabies se jaarslikse fondsinsameling ! ✨

Ons het die voorreg gehad om deel te wees van die NG Kerk Augrabies se fondsinsameling – ’n aand gevul met heerlike kos, lekker kuier en baie geselligheid! .

’n Smaaklike spit-ete, gevolg deur ’n lekker dans en musiek deur die Klipwerf Boere-orkes.

🌿 Ian & Stephani | 15 Augustus | Kameelboom 💍✨Wat ’n feestelike dag vol liefde, mooi herinneringe en natuurlik heerlike ...
30/08/2026

🌿 Ian & Stephani | 15 Augustus | Kameelboom 💍✨

Wat ’n feestelike dag vol liefde, mooi herinneringe en natuurlik heerlike kos! ❤️

Van heerlike braai-voorgereggies tot ’n watertandlekker hoofgereg van gebraaide lamsvleis en hoender sosaties, met gebakte aartappels, pampoenpoffers en ’n verskeidenheid vars, heerlike slaaie. 😋

En natuurlik kon die dag nie beter afgesluit word as met sjokolade-malvapoeding en aarbeikaaskoek nie! 🍫🍓

’n Dag gevul met liefde, lag en goeie kos – presies soos ’n troue moet wees!

Dirkie en Leandre Human het hul spesiale dag op Naftali gevier, met ’n heerlike biltongsop en kaasstokkies as voorgereg,...
11/08/2026

Dirkie en Leandre Human het hul spesiale dag op Naftali gevier, met ’n heerlike biltongsop en kaasstokkies as voorgereg, gevolg deur die alombekende braai-canapés.

Die hoofgereg was ’n smullekker skaapspit, hoenderpastei, braai-aartappels, patatwiele en ’n vars beet-en-butternut slaai.

Vir soet afsluiting was daar brownies, Rice Krispie-lekkers en tradisionele koeksisters – ’n feesmaal perfek vir ’n besonderse bruilof!
Leandré Human

Ons was bevoorreg om deel te wees van Jaco en Bianca Viktor se pragtige troue by Elim Venue & Guest House Die gaste is v...
28/07/2026

Ons was bevoorreg om deel te wees van Jaco en Bianca Viktor se pragtige troue by Elim Venue & Guest House

Die gaste is verwelkom met heerlike brood en romerige botterskorsiesop, bedien saam met smaaklike biltong en droëwors as canapés – die perfekte begin vir 'n besonderse dag.

Vir die hoofgereg is daar gesmul aan: Hoenderpastei
Pampoenpoffers
Geurige rys
Gebakte aartappels
Gebraaide lamsvleis
Heerlike broodblokkie en Avo mengelslaai

Baie dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag. Ons wens vir julle 'n leeftyd vol liefde, geluk en mooi herinneringe saam. ❤️
Bianca Theron

Dit is altyd 'n plesier om kragte saam te span♡Spysniering: ✅️Decor: ✅️Venue: ✅️
01/06/2026

Dit is altyd 'n plesier om kragte saam te span♡

Spysniering: ✅️
Decor: ✅️
Venue: ✅️

Ons skep nie net kos nie, ons skep herinneringe♡
01/06/2026

Ons skep nie net kos nie, ons skep herinneringe♡

As die kos lekker is en die mense jolig, dan WEET jy dit was 'n goeie troue!Dit was van die begin tot die einde 'n fees!...
01/06/2026

As die kos lekker is en die mense jolig, dan WEET jy dit was 'n goeie troue!
Dit was van die begin tot die einde 'n fees!

Ons het gesorg dat die mae vol bly met die beste kuierkos:

Canapés: Braaibroodjies, pizza, ribbetjies, liestokkies en heerlike skaapstertjies.

Hoofgereg (Kwaliteit boerekos): Spit met sampioen sous, gebakte aartappels, boontjiegereg, pastaslaai, mengelslaai en pampoenpoffers.

Nagereg (Soet bederf in klein glasies): Brownies, melktertjies en karamel-kaaskoekies in flessies.

Laataand-bederf/Late night Snack vir die uithouers: Slapchippies en worsrolletjies in 'n koppie vir die manne en dames wat die dansvloer warm gemaak het.

Baie geluk, Wilhelm en Annime! Mag julle huwelik gevul wees met net soveel lag, gees en lekker tye soos julle troudag.
Annime Dippenaar

Venue: Elim Venue & Guest House
Dekor: Effortless Events - Marna Hanekom

Dries + Irene = 'n Sprokieshuwelik!As die kos eers lekker is, is die partytjie 'n sukses – en die gaste het behoorlik ge...
01/06/2026

Dries + Irene = 'n Sprokieshuwelik!

As die kos eers lekker is, is die partytjie 'n sukses – en die gaste het behoorlik gesmul!

Van die weelderige canapés tot die hoofgereg se hoenderpastei en tradisionele boontjiebredie. Keppies se bekende pampoenpoffers was op almal se lippe!

Ons het die aand op 'n hoë noot afgesluit met 'n duét van sjokolade-mousse en karamel-kaaskoek.

Dankie dat julle ons deel van julle droomdag gemaak het.
Dries Smit
Venue: Wingerdskuur

Address

Kakamas

Telephone

+27785866222

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eetsaam met Keppies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category