16/03/2026
Wie of Wat is Cafè Zibâ nou eintlik? En Waarvoor staan Zibâ en wat presies is 'n Cafè?
Wel , soos ek gaan Google het en Chat CPT het, het die volgende op gekom.
Ziba is a name with Hebrew origins meaning "stationed," "settled," or "strength," referring to a biblical servant of King Saul, and a distinct Persian word meaning "beautiful," "lovely," or "graceful." The Persian usage is commonly applied to people, art, or nature. Synonyms include radiant, gorgeous, or love
Chat GPT sê dat dit Persies is en beteken "mooi", "pragtig", of "aantreklik"
Definisies van Oxford Languages af · Kom meer te wete
cafe
/ˈkafeɪ/
noun
1.
a small restaurant selling light meals and drinks.
Nou hier by Cafè Zibâ Kakamas is ons meer as net 'n 'small restaurant selling light meals and drinks." nie.
Ons het in 'n jaar se tyd gegroei van 'n Koffie winkel na 'n pragtige plek met 'n pragtige tuin waar ons troues, verjaarsdae, ooievaars en kombuistees hou, ons gaan nogal groot met kinder partytjies. Begrafnisse, etes na 'n Doop, enige ander mooi geleentheid wat jy graag wil vier, doen ons.
Ons is 'n 'veilige hawe' vir ons skool kinders aangesien ons regoor die pad van die skool geleë is. Dit is 'n plek waar die kinders hulle skoene kan uitskop en na 'n lang dag van leer , sommer net kan asem skep en hulleself bederf met 'n heerlike melkskommel of ons gewilde 'chicken strips en chips'
Ons is net 'n oproep of 'n whatsapp ver . Druk op ons nommer om sommer vir jou kind middagkos te bestel terwyl hulle besig is met hulle vol program.
Ons is ook 'n baie goeie opsie vir 'n onthaalplek vir intieme troues. Ons grasperk kan tot 150 mense onthaal.
Al die ekstras word deur ons gereël.
Maak gerus 'n afspraak met Annalie of Nicolene en kom gesêls met ons oor wat jy graag wil beplan sodat ons jou oomblik 'n Ziba oomblik kan maak.
082 747 3301 of 079 523 6520
Of kontak ons vriendelike personeel op 079 494 7396