30/08/2026
Dit voel soos gister, maar dis al 1 hele jaar later. Dit is steeds net so hartseer soos n jaar gelede. Ek mis ons mense steeds elke dag. Soms wonder ek oor die harte wat gebreek was, die nuwe verhoudings, die mypale... ek wonder of hoe dit met julle gaan....
Ek mis die besige aande, seer voete maar my hart vol van dankbaarheid. Ek mis om julle naby my te hê... ek mis die drukkies, geheimpies deel en celebrate van goeie nuus.
Ek mis om jou te bedien, vir jou kos te maak en saam te lag!
Ek mis Sam's Cafe! My katte! Die sonsondergang! Die mense! Die musiek! My Phiwe en Talent!
Ek mis oupa en Milan se saam sing op die stage! Ek mis "our die hard friends", wat altyd daar was vir ons!
Ek mis ons Sondag middag kuiertjies, potjies en saam wees op die stoep.
EK MIS DIT!
Sam's Cafe sal vir altyd diep in my hart bly! Lief vir julle!