29/07/2026
Bean Seekos Flatervry Aand πβ€οΈ
Daar is min dinge wat ons harte so vol maak soos om 'n restaurant vol bekende gesigte, opregte glimlagte en vrolike saamkuier te sien.
Baie dankie aan elke hartsmens wat ons Seekosaand ondersteun het en dit in 'n onvergeetlike aand omskep het.
Dit is vir ons 'n ongelooflike voorreg en seΓ«n om 'n familierestaurant in ons klein dorpie, Hartswater, te mag bedryf.
Julle is nie net ons kliΓ«nte nie β julle is deel van ons familie. β€οΈ
Dankie dat julle aanhou om ons droom te ondersteun, saam met ons herinneringe te skep en ons harte elke dag vol dankbaarheid te maak. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie.
Dankie ook aan almal wat bereid was om 'n foto te neem met ons "Ek is β€οΈ vir Hartswater" fotoraam.
Ons sien uit na ons volgende Flatervry aand - 18'de Augustus - Die Texas BBQ Flatervry aand.
Plek is beperk maak asb seker jy bespreek jou plek ππ€©βοΈ