21/05/2026
Daar is iets wat jy nie in ’n winkel kan koop nie… daai regte huis reuk 🍞☕
Ons Karringmelk & All-Bran Beskuit word nie net gebak nie – dit word gemaak soos Ouma dit sou doen. Stadig. Met sorg. Met daai ekstra bietjie liefde wat jy kan proe in elke krummel.
Daai eerste dip in jou oggendkoffie…
Daai knakgeluid wat sê: “jy’s nou by die huis.”
Nie fabriek nie. Nie massa-produksie nie.
Net eerlike, handgemaakte beskuit wat jou terugvat plaas toe.
🔥 Vars gebak
🔥 Perfek vir koue oggende
🔥 En amper te lekker om te deel
Kom kry joune by Veld en Vleis – maar wees vinnig… hierdie batch hou nie lank nie 😉