De Vette Mossel - Grootbrak

De Vette Mossel - Grootbrak De Vette Mossel specializes in seafood, prepared on open fires in a relaxed beach atmosphere. Family friendly. Enjoy freshly prepared seafood in abundance.
(1467)

Reminiscent of the West Coast Culture of South Africa the whole concept is an eating experience, rather than a sitdown meal. Visit De Vette Mossel Seafood Restaurant at Groot Brakriver near Mosselbay in South Africa, also a beach wedding venue. Eat as much as you like (or can!) for 3 Hours. Smell the ocean

Celebrate Women’s Day with us at De Vette Mossel Grootbrak!📅 Sunday, 9 August 2026🕛 At 12:00Treat yourself and your fami...
01/08/2026

Celebrate Women’s Day with us at De Vette Mossel Grootbrak!

📅 Sunday, 9 August 2026
🕛 At 12:00

Treat yourself and your family to our famous Rolling Seafood Buffet, featuring ALL-YOU-CAN-EAT PRAWNS! 🦐

Cost: R440 per adult; R390 pensioner; R310 high school, R180 primary school and R70 preschool.

Women’s Day Prawn Menu:

Pot bread with farm butter & jam
Mussel meat with onions, garlic & butter
Mussels in the half shell steamed in white wine with onions
West Coast snoek with traditional sweet potatoes
Seafood pot – 3 types of fish, calamari strips, & prawns tails
Meat pot
PRAWNS
Vegetable dish with milk & cheese | Flavoured rice and garden salad
Seasonal fruit
Coffee/ Rooibos tea and koeksisters

*Extras available on request.

Book now:
Online: https://account.dineplan.com/widgetframe/KrNQjPXp
Phone/ Whatsapp: 079 339 0170
Email: [email protected]

Gather your family and friends and celebrate the amazing women in your life with a memorable seafood feast!

Augustus is op ons! 🎉Sluit by ons aan vir ons legendariese De Vette Mossel Rollende Buffet spyskaart, beskikbaar op gese...
30/07/2026

Augustus is op ons! 🎉

Sluit by ons aan vir ons legendariese De Vette Mossel Rollende Buffet spyskaart, beskikbaar op geselekteerde dae!

Bring die hele gesin, vat ’n breek en kom geniet heerlike seekos en ’n onvergeetlike eetervaring! 🦐🐟

📅 Kyk na ons Augustus datums en bespreek aanlyn:
https://account.dineplan.com/widgetframe/KrNQjPXp

of konak ons 📞 Skakel / WhatsApp: 079 339 0170
📧 E-pos: [email protected]

DE VETTE MOSSEL GROOTBRAK: HEERLIKE KOS EN DIE BESTE EETERVARING!Kom kuier by ons en smul aan ons beroemde Rollende Seek...
28/07/2026

DE VETTE MOSSEL GROOTBRAK: HEERLIKE KOS EN DIE BESTE EETERVARING!

Kom kuier by ons en smul aan ons beroemde Rollende Seekosbuffet!

Ons spyskaart:
✅ Potbrood met plaasbotter en konfyt
✅ Mosselvleis met uie, knoffel en botter
✅ Mossels in die halfdop, gestoom in witwyn en uie
✅ Weskus-snoek met tradisionele patats
✅ Seekospotjie – 3 soorte vis, calamari-repies en garnaalsterte
✅ Vleispotjie
✅ Groentegereg met melk en kaas, gegeurde rys en tuinslaai
✅ Vrugte in seisoen
✅ Koffie/Rooibostee en koeksisters

*Ekstras op aanvraag beskikbaar.

Pryse per persoon:
R395 Volwassenes | R310 Hoërskoolleerders | R180 Laerskoolleerders | R70 Voorskool | Gratis vir kinders onder 3

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom:
🌐 Aanlyn: https://account.dineplan.com/widgetframe/KrNQjPXp
of
📞 Skakel / WhatsApp: 079 339 0170
📧 E-pos: [email protected]

YEAR-END FUNCTIONS AT DE VETTE MOSSEL GROOTBRAK! Celebrate the end of the year with great food, a relaxed atmosphere, an...
23/07/2026

YEAR-END FUNCTIONS AT DE VETTE MOSSEL GROOTBRAK!
Celebrate the end of the year with great food, a relaxed atmosphere, and unforgettable memories

Give your staff or colleagues the year-end celebration they deserve.

📞 Contact us today to reserve your date!
0793390170/
[email protected]
De Vette Mossel – Where every celebration becomes an experience!

Ons deel graag ’n De Vette Mossel resep om dinge bietjie op te warm gedurende die winterkoue!Smul aan ‘n lekker MOSSELBR...
22/07/2026

Ons deel graag ’n De Vette Mossel resep om dinge bietjie op te warm gedurende die winterkoue!

Smul aan ‘n lekker MOSSELBREDIE!

Hier is wat jy benodig vir 6 porsies:

• 20 mosselskulpe of 1 kg gekoopte mossels in halwe skulp
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 groot ui, fyn gesny
• ½ rooi soetrissie, fyngekap
• 200 g knopie-sampioene
• ½ koppie semi-soet witwyn
• 1 blik klappermelk
• 1 pak dik wit uiesop
• ’n knypie varsgemaalde swartpeper
• ’n knypie sout
• paprika (of rooipeper na smaak, vir ’n bietjie byt)

Opsioneel: 500g witvis, soos stokvis; 2 aartappels gerasper (wat die sop dikker maak) en/ 250ml room (wat dit ryker maak).

Metode:
Soteer die ui, soetrissie, aartappel en knoffel (laaste) in bietjie olie en botter. Voeg mossels (en vis indien gebruik) en witwyn by en plaas deksel op. Verwyder enige mossels wat nie oopmaak na sowat 5 minute nie.

Voeg nou die klappermelk by, bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minute.Voeg sampioene by en laat prut vir nog 3 minute.

Roer die uiesop in totdat die bredie die verlangde dikte het, en geur met sout, peper en paprika/rooipeper.Laat prut vir ’n laaste 5 minute.

Skep warm op en garneer met vars pietersielie. Bedien met vars, growwe brood en dik botter.

Resep & foto verskaf: Niel Dubois

IS DIE VIS DAREM VARS?So toets mens of vis vars is: ✅ Koop by ‘n betroubare visverskaffer met ‘n bewese record.✅ Vars vi...
15/07/2026

IS DIE VIS DAREM VARS?

So toets mens of vis vars is:

✅ Koop by ‘n betroubare visverskaffer met ‘n bewese record.
✅ Vars vis ruik glad nie na vis nie, maar na die see. Regtig. As dit na vis ruik, is daar gewoonlik fout.
✅ Druk liggies met jou vinger op die vis – as dit vars is, spring die duikie stadig terug. Bly dit ingeduik… kies eerder daardie aand eerder ‘n tjoppie, of gaan vir ‘n gevriesde snoek.
✅ Kyk na die oë: helder en vol, nie dof of ingesonke nie.
✅ Maar die beste toets bly maar: gaan vang hom self!

Vars vis is nie altyd maklik om te kry nie. Persoonlik verkies ons eerder ‘n vis wat gevries was toe dit vars was, as vis waaroor jy moet wonder oor die varsheid.

Met gevriesde vis is dit belangrik dat dit heeltemal ontdooi is en by kamertemperatuur kom voordat dit op die rooster of in die pan gaan. (Behalwe snoek – daardie blinklyf kan half-ontdooi op die vuur gaan.)

What Do Our Customers Say?We love hearing from our guests and here are some of our recent Google Reviews!⭐ Food: 5/5 | S...
09/07/2026

What Do Our Customers Say?

We love hearing from our guests and here are some of our recent Google Reviews!

⭐ Food: 5/5 | Service: 5/5 | Atmosphere: 5/5

“It’s always a fantastic experience. The food is consistently good, especially the Snoek. Great place for families and groups to share a meal. Staff are friendly.
Die kos is nooit op nie, net op pad 😅” – Karen Chappe de Leonval

Thank you, Karen, for your continued support and your wonderful review!

“Awesome spot! Best seafood and vibe! Plenty for the kids to do! And... Lekkkkerrrr Afrikaans!!” - Mariette Hugo

Dankie Mariette, dit is so lekker om van jou te hoor! En ons is bly jy het die seekos en die atmosfeer geniet!

“Out of the books! Fresh seafood & the tastiest side dishes 🥳 10000% value for money! – Carla Meyer

Thank you, Carla! We are so happy to hear you enjoyed our delicious dishes!

Thank you to all our amazing guests for your kind words and continued support. We look forward to welcoming you back soon!

Ons legendariese Vadersdag-kompetisie saam met Donkey Long Tong en Kleine Zalze het gedurende Junie gewys dat daar min d...
07/07/2026

Ons legendariese Vadersdag-kompetisie saam met Donkey Long Tong en Kleine Zalze het gedurende Junie gewys dat daar min dinge is wat by 'n lekker braai kan kers vashou – goeie kos, goeie wyn, die regte gereedskap en natuurlik, nog beter geselskap!

Ons het gevra:

"Elke pa het 'n non-negotiable braaireël… Wat is jou pa se braaireël, en wat sê hy wanneer jy dit breek?"

Hier is 'n paar van ons gunsteling antwoorde:
“Dad’s braai rule: ‘Respect the fire, respect the meat, respect the braaimaster. Break any of those rules and you’ll hear the famous words: Move aside, before you turn this braai into a crime scene’. To this day, nobody in the family is brave enough to touch the grid without written permission” 🤣
“Reel is – Jy mag net met hout braai, as jy houtskool uithaal, gaan jy huistoe of hy ry.”

“My pa glo ‘n braai moet al sy kinders teenwoordig weessaam die braai en kuier anders is dit nie ‘n braai nie. Asjy nie op daag nie dan se hy: jy weet nie wat julle mis nie”

“My dad’s rule is, you have to rub the braai grid with an onion, it cleans it and gives it a better taste and it prevents it from sticking. If that rule is broken, you’ll hear about it the entire night. The meat got stuck because… no onion on the grid and it would have tasted better if the grid was rubbed with the onion…”

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem en kommentaar gelewer het. Julle het ons behoorlik laat lag!

Die Alwyne blom, ons is elke Sondag 12h00 in die winter oop. Kom geniet die heerlike winterson met goeie kwaliteit seeko...
05/07/2026

Die Alwyne blom, ons is elke Sondag 12h00 in die winter oop. Kom geniet die heerlike winterson met goeie kwaliteit seekos. Bespreking noodsaaklik. Skoolvakansie Woensdag 12h00 ook.


Skoolvakansie is hier - Bring die hele familie!Onthou, ons is hierdie komende Saterdag, 4 Julie, en Sondag, 5 Julie, oop...
02/07/2026

Skoolvakansie is hier - Bring die hele familie!

Onthou, ons is hierdie komende Saterdag, 4 Julie, en Sondag, 5 Julie, oop vir ons watertandlekker, rollende seekosbuffet!

En moenie vergeet nie – spesiaal vir die skoolvakansie is ons ook nog twee Woensdae oop vir middagete:
📅 Woensdag 8 Julie | 12:00
📅 Woensdag 15 Julie | 12:00

🍽️ Kom geniet heerlike seekos
🏖️ Ervaar die beste eteervaring
👣 Voel die sand onder jou voete en ruik die see
📸 Neem lekker foto’s en ‘n selfie of drie
🌊 En geniet die kuier!

Vir meer inligting:
https://devettemossel.co.za/grootbrak/

Bespreek nou:
https://account.dineplan.com/widgetframe/KrNQjPXp
of
Skakel/ WhatsApp: 079 339 0170
E-pos: [email protected]

Address

Souwesia Beach, Groot Brak River
Great Brak River
6525

Opening Hours

Saturday 11:30 - 16:00
Sunday 11:30 - 16:00

Telephone

0793390170

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Vette Mossel - Grootbrak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share