09/08/2026
Vier generasies: my ma "ouma Rie", my dogter, ek en my klein dogters. 🤎
As ek na hierdie foto’s kyk, sien ek waar die hart van SPENS vandaan kom. In ons familie was goeie kos nog altyd hoe ons mense verwelkom, om ’n tafel bymekaargebring en gewys het dat ons omgee.
Ons bring daardie selfde liefde elke dag SPENS toe. Ons geniet dit om iets besonders te vind, dit met ander te deel en mense te sien terugkom omdat hulle dit net so baie geniet het.
En nou word my meisies ook daarmee groot. Vier generasies met dieselfde draad deur ons almal: sorg vir jou mense en maak seker daar is altyd iets lekkers op die tafel.
Hierdie Vrouedag vier ek die vroue wat voor my gekom het, die vroue langs my en die meisies wat ná ons kom.
Kom maak ’n draai by SPENS en ervaar ’n klein stukkie van ons familiestorie. 🤎
📍 SPENS Biltong & Deli, Outeniqua Lifestyle Centre, George