Sandra van Zyl

Sandra van Zyl Mom with 3 kids, constantly busy and keeping the pot cooking

30/04/2025

Toe ek jonger was het ek dit gehaat om troues toe te gaan … dit was altyd die tannies en ouma-tipes wat na my toe sou kom en met ‘n gemoedelike stamp in die ribbes sou sê: “Jy’s volgende!” Hulle het dit vinnig gestop sedert ek dieselfde met hulle by begrafnisse begin doen het.

21/04/2025

Success attracts enemies. Progress invites jealousy.
If nobody hates you, you are not making it in life

21/04/2025

Helen Mirren once said: Before you argue with someone, ask yourself, is that person even mentally mature enough to grasp the concept of a different perspective. Because if not, there's absolutely no point.
Not every argument is worth your energy. Sometimes, no matter how clearly you express yourself, the other person isn’t listening to understand—they’re listening to react.
They’re stuck in their own perspective, unwilling to consider another viewpoint, and engaging with them only drains you.
There’s a difference between a healthy discussion and a pointless debate.
A conversation with someone who is open-minded, who values growth and understanding, can be enlightening—even if you don’t agree. But trying to reason with someone who refuses to see beyond their own beliefs? That’s like talking to a wall. No matter how much logic or truth you present, they will twist, deflect, or dismiss your words, not because you’re wrong, but because they’re unwilling to see another side.
Maturity isn’t about who wins an argument—it’s about knowing when an argument isn’t worth having. It’s realizing that your peace is more valuable than proving a point to someone who has already decided they won’t change their mind. Not every battle needs to be fought. Not every person deserves your explanation.
Sometimes, the strongest thing you can do is walk away—not because you have nothing to say, but because you recognize that some people aren’t ready to listen. And that’s not your burden to carry.
Maar dis soms flippen moeilik!

17/04/2025

Liewe vriende,
Ek is so jammer ek is so stil die laaste paar maande. Sjoe, mense kan jou breek. Die dag as jy opstaan en net opstaan om gou jou kinders se kosblikke te pak, hul aflaai by skool (of eindelik laai ons liefste buurman hul altyd af en hy wag ook nog elke oggend 5 minute vir hul… dankie buurman) en weer in jou bed klim en net jou duvet oor jou kop trek en nie die wêreld wil ‘face’ nie…. En dan weet ek daar is ‘n groooot fout met my as ek nie eers my burnt broek wil aantrek om te draf nie, ja ek het hom self ge’burn’ maar ek is super lief vir draf al lyk ek nie soos ‘n drawwer nie en dit is my ‘drug’ - glo dit of nie. En die dag as my lag op raak en nie meer wil lag nie en ek in trane uitbars as iemand net vir my kyk….. Dan weet ek daar is fout met my… Waar begin dit… By geloof. Sjoe Covid het vir hierdie Sondaar heeltemal af ge ‘breuk’ maar daar is niks wat ‘n mens nie weer kan opbou nie. Maar sjoe, as jy dan ook vriende het wat jou oordeel omdat jy nie goed bywoon nie en nie deel is nie en en en … nee wat, jammer ek kan nie. Sandra is nou op die punt wat sy net na haarself gaan kyk en moet anders sien jul haar dalk nie in 2026 nie. Ek was nog nooit so selfsugtig nie, maar ek is op ‘n slegte plek. ‘n Baie slegte plek en ek moet nou net hier wees vir my gesin. Hul is my nommer een. Ek is binnekort weer terug met lekker grappies en lekker dinge maar vir nou, is Sandra eers op haar eie. Liefde.

26/01/2025

Sjoe, mense mense ek was stil. Maar wie kry tyd tussen werk, kerk en skool tyd om nog kakkerige boodskappies op facebook te tik. Daar is ‘n groepie wat se naam
Is xylbtq mammas- as hul kind hoes post hul, of as die hond ‘n harde p**p los- dan soek hul mos almal se raad en kak en hare. Ek is jammer, ek kan nie!!! Kyk- week 2 in kwartaal 1 en ek het al klaar 88 b***e laat val en my burnt broek wat net een siggie burnt gehad het, het na vandag 2 - nadat ek en die atletiekafrigter ‘n next level uitval gehad het omdat my kind asb net een keer ‘n week ook ‘darts’ moet oefen. Hy is tans no2 in die land en Olog Bergh borg hom want ek en my man is hulle borg, en ons het 5 dart borde tuis-maar nee
Mense- ek is g*tvol en gaan nou net noord kyk en voort fok

29/12/2024

Julle - ek doen mos verhurings in Kraaifontein en dan Desember vakansies in Hartenbos. Ek doen dit net dat ek en my gesin bietjie uit die Strand se karavaan park kan kom en ook tussen ‘ons’ mense kan wees. Ek is lekker kommin maar my Kraaifontein huurders is baie makliker as my Hartenbos mense met ander tipe nommer plate wat nie met ‘n C begin nie….. anyway-

GELEEN: *Moenie vir my sê jy gaan Hartenbos toe vir die vakansie nie!*

Dis weer daardie tyd van die jaar. Die hele Gauteng en Vrystaat is leeg. Almal is op pad Hartenbos toe. Die pienk opblaasflamink, twee strandsambrele en ’n koelerboks met ’n pakkie ham wat oor drie dae benoud gaan begin ruik, is in. So ook die family size Makro-tent. Ek het Checkers Homebrand-swartsakke in my kas wat meer windweerstand bied.

Op die tent se sak sê dit die tent kan tien familielede (vyf aangetroudes, ’n ouma en drie verlangse niggies) huisves. Ons familie het hierdie Desember besluit om dit op die proef te stel.

Die kampplek loop oor. So baie mense op een plek is net onnatuurlik. Dis hoe brande uitbreek en siektes versprei. Suid-Afrika is net een Hartenbos-vakansie weg van nóg ’n pandemie, hoor wat ek vir julle sê.

Uiteindelik staan die tent! Almal kan nie wag om die see te sien nie.

Die hele familie word gebalsem. Na wat voel soos ’n ewigheid gly ons soos sewe geglaseerde doughnuts af strand toe. Drie moes ongelukkig agterbly om die gazebo vas te hou, want Pa het die tentpenne vergeet.

Nadat ek in drie kinders se roomys getrap en gevoel in my onderlyf verloor het, kry ons ’n gaatjie op die strand. Die wind waai so dat my bene voel soos een van daardie oudtydse kommin kroegglase wat gesandblast is.

Ek verkyk my altyd aan die mense op die strand.

Daardie oom werk al van Januarie af aan daai boepens. Sy vrou het hom vanoggend gedwing in ’n baaibroekie wat in die vroeë 90’s laas vir hom sou pas. Die medium was op ’n special by Pick ’n Pay Clothing en sy het die hoop gehad dat dit hom sou inspireer. Ek d**k sy het die broekie en haar man se potensiaal oorskat. Hy het al vanoggend drie biere en twee kinders skrikgemaak en dis nou eers negeuur.

Aan ons linkerkant is ’n familie van vier. Mamma wil eintlik net haar Mills en Boon klaar lees, maar klein Krisna het al twee strandgrafies opgeëet en Pappa d**k hy is die volgende Jacques Kallis in ’n vriendelike strandkrieketwedstryd teen ’n groepie 12-jariges.

En dan is daar dié wat al reeds van Januarie af begin voorberei vir hul oomblik van glorie in Desember.

Hierdie is nie Hartenbos nie. Nee. Hierdie is Love Island.

Dis net bolyf, boude en selfvertroue. As hulle verbysweef, tref die reuk van spray tan en tienerhormone jou.

En dan gebeur dit. Twee ooms takel mekaar in die vlak water. Dis ’n absolute skouspel. Beslis ’n beter vertoning as die een wat ek gisteraand in die amfiteater aanskou het. Kobus se seun het glo gisteraand verdwaal, een verkeerde afrit gevat en toe hy sy oë uitvee, toe is hy ín Johan se dogter se tent. Klink vir my na ’n eerlike fout. Vanoggend het Lientjie drie bloukolle op haar nek. Sy sê dis omdat sy gister in die karavaandeur vasgeloop het.

En dan is daar die jaarlikse somerkonsert. Mense stroom in hul duisende na ’n oop veldjie in die middel van die dorp om vir Karlien van Jaarsveld in ’n crop top te sien. Dis magies! Riana Nel sing ’n 2012-treffer, ’n vakansieganger doen die Leeuloop op die verhoog en vyftien meisies val flou toe Brendan Peyper sy h**p uittrek.

Die tannie langs my is in vervoering. Sy sing Islands in the Stream uit volle bors, skree op haar man omdat hy nie bobene soos Bobby van Jaarsveld het nie en dan begin sy hartstogtelik huil. Ek sou eers later uitvind dis oor ’n verlore hoërskoolliefde en die feit dat haar man die kar tien strate weg parkeer het.

Sug. Nog twee weke hiervan. Twee volle weke.

Aan die einde van elke Desembervakansie moet ek altyd net ’n oomblik neem om te reflekteer oor die traumatiese gebeure van die afgelope veertien dae.

En dan vra jy jouself af hoekom.

Hoekom stroom ons soos tropdiere jaar-na-jaar na dieselfde gaatjie aan die kus sodat ons in gesmelte roomys kan trap, ’n stort met 250 vreemdelinge kan deel en “Skarumba” uit volle bors kan sing?

Dalk is dit die enigste plek waar jy die mens in sy rouste, eerlikste vorm kan ervaar. Gestroop van hul raadsaal-personas en hul nege-tot-vyf-bestaan. Waar almal, op ’n weeksdag, in hul té styf-baaibroeke met ’n worsrol in die een hand en ’n chipstick in die ander, eintlik maar net kan wéés.

Ek tel die foon op. “Ja, staanplek 37 is nog oop vir volgende jaar. Kan ek hom vir jou boek?”

Ek sug van verligting.

“Asseblief.”

GELEEN

18/12/2024

Dis die tyd van die jaar. Almal is mos nou haastig oppad om te rus.
Ek kan ook nie wag om met ons 5man tent na die Strand se karavaan park toe te gaan nie. Man, die kinders is mal daaroor. Ek en ou Petrus drink dan net vuil coke en braai hoender. Die kinders hol rond en gaan aas elke dag by ander mense iets te ete as dit etenstyd raak. Ons sien hul gelukkig nooit, so baie meer vir ons om te eet. Verder haat ek mos see-sand en die son, maar gelukkig is ons kinders nie skaam om vir vreemde mense te vra of hul saam met hul vir die dag Strand of Spur toe kan gaan nie. Wen wen situasie vir my en ou Petrus. En verder as dit skemer raak, Stap ons 2 mos elke namiddag na ‘n ander karavaan om bietjie lip te kap en dan kan mense nie anders as om ‘n ‘sundowner’ vir ons aan te bied nie, en kyk, dan sit ons mos nou eers lekker en kuier sommer heelaand en eet sommer aandete. Nee wat, ek het die kuns bemeester om spot goedkoop vakansie te hou. My medemens is net altyd ‘amazing’ en ek weet hulle ‘love’ so ‘n lekker lip kapper soos ek.

21/11/2024

Hop hop spinnekop!!!

16/11/2024

Somerstrand College

16/11/2024

Dis eksamentyd en ek dokter my water in my squeezy bottel wat ek in my handsak saamdra met ietsie lekker sterk. Al die fêncy Mammas drink mos sparkling water… ek is eintlik net heeltyd lus vir wyn.
Ek het gister n g*t in my oefentights gebrand met n siggie, maar hulle is my favourites (nog nooit in hul ge oefen…maar hulle is lekker) So ek het hulle maar weer vanoggend aan…ek kan ook nou sê ek het “Burnt” tights. Ek laai net die kinders af by die skool in hulle…en ry dan gou by Pick & Pay toe om foelie te koop, toe ek kosblik pak vanoggend het ek niks foelie om die gekookte eiers in toe te draai nie. Nou moet die kosblik maar stink..
Oppad sit ek vir Bonnie Tyler kliphard en draai my agterste venster so skrefie af dat die bergies by die verkeerslig jaloers raak op my vibes…
In Pick & Pay stap ek in die dominee se vrou vas…sy probeer altyd vreeslik met my gesels asof sy my jammer kry of d**k ek drink te veel. Sy het crackerbreads en sparkling water in haar mandjie.
Die vrou by die till scan my foelie in slow-motion terwyl die dominee se vrou nogsteeds in n Dr. Eve stemmetjie met my probeer praat. Sy haal diep asem om die volgende paragraaf in een asem af te lê en daar begin sy stik. Spoeg in die verkeerde keelg*t af…sy raak al hoe rooies en beduie ek moet op haar rug slaan. Ek haal n Dawid Zales hou uit en slaat haar met die plathand tussen die blaaie… sy vlieg vooroor en tref die kaartmasjien dat hy n geluid maak soos daai 10c masjien by die casino. Dit lyk of dit gehelp het….sy beduie ek moet haar sparkling water oopmaak. Sy kort n sluk… ek sukkel en pass dit aan die vir vrou by die till…sy sukkel ook en roep die manager. Dis toe dat Mevrou Dominee sommer die squeezy bottel uit my handsak gryp….

14/11/2024

So ja, vandag het ek weer besef ‘n mens kry 3 soorte mammas…… eindelik baie baie meer maar dis waarvoor ek nou tyd het.

1. Die beroepsvrou- sy ry elke oggend met haar plat karretjie, en hy is super duur, 4:30am Stad toe om 5pm te gym en daarna op kantoor tot 18:00 of 20:00 vanaand. Sy het nanny’s, au pairs and you name it. Sy kan nooit by die skool funksies help nie maar sy gooi geld. Jy kan net vra, want sy verdien ‘n sak vol geld elke dag. Maar vir pannekoek bak is sy nie lus nie….

2. Die ma wat moer hard werk. Alles by haar werk doen en top werknemer van die jaar is. Daar is vir haar kinders 100% By die kerk en skool oral help en alle b***e in die lug hou. As iemand ‘n koek soek, dan bak sy hom. As konsert kostuums gemaak moet word, dan maak sy hul. Daar is elke aand ‘n gekookte aandete op die tafel. Toilet papier in alle toilette in die huis, tandepaste vir almal, roll on, kosblikke gepak and you name it.

3. Die ‘onder die boom’ mamma. Sy laai soggens haar bloedjie by die skool af en is so haastig. Spring uit met gym klere, keppie op die kop, vida koffie in die hand, sien vir sus af, en dan loop sy ‘n vriendin of 3 by die hek raak. Neeeee sy is baie haastig. Eerstepouse se klok lui maar hul staan en klets nog steeds by die hek want hul moet NOU ry, hul het tyd vir niks en is super besig. Nee vanaand laat lewer sy weer kos af want sy het NIE nm tyd vir kook nie. Dis debat, swem, viool, hokkie, tennis, krieket, rugby en sy moet nog by Stienie gaan wyn drink. Nee o gompot, daar is nie genoeg ure in die dag vir alles nie. Sy het ook 2 voltydse huishulpe maar oorweeg nou om haar man te oortuig sy kort ‘n au pair…

Ja nee en dan begin ek nie eers van enkel
Ouers praat nie? Hoe doen hul dit? Al wat ek weet ek hasl my hoed cvir elke enkel ouer af.

Maar dat daar vreemde ouers is, verseker!!!!!!

Address

Genadendal

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

+27785065706

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sandra van Zyl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sandra van Zyl:

Share

Category