23/09/2026
’n Aand van wyn, erfenis en goeie kos
Dinsdag 22 September 2026 het die Gansbaai Wynproegilde bymekaargekom vir ’n aand van De Krans wyne, aangebied deur wynmaker Christoff de Wet.
Chef Chris se spyskaart is deur ons Suid-Afrikaanse erfenis geïnspireer met geregte waarin waterblommetjies, seeslaai, springbok en nog meer plaaslike geure die hoofrol gespeel het.
’n Heerlike kombinasie van goeie wyn, kos en die geure van ons veld, ons land en ons see.
Let wel: Hierdie aand is deur die Gansbaai Wynproegilde gereël. The Great White House het die spyskaart voorberei en die aand aangebied.
Vir meer inligting oor die Gansbaai Wynproegilde of om uit te vind hoe om deel te raak, kontak hulle by [email protected].
Wil jy jou eie funksie by The Great White House aanbied?
Kontak ons by 072 657 3012 / 028 384 3273.
De Krans Wines