17/09/2026
Cooking With Pont - Bunny Chow
Hierdie resep kom van Ouma Priya, wat al jare lank in haar familie van dogter na dogter oorgedra word.
Hierdie dis, wat in die vroeë 1940's onder werkers ontstaan het, is vandag een van ons bekendste geregte en word as 'n egte tradisionele gereg beskou.
Met baie swoeg en sweet het ons Ouma Priya oorreed om haar familie resep te deel...
Sluit by ons aan en geniet hierdie outentieke Suid-Afrikaanse Bunny Chow-resep
Resep hieronder
Bestandele:
¼ koppie rissiepoeier
1 teelepel cayennepeper
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel gemaalde koljander
½ teelepel gemaalde gemmer
½ teelepel gemaalde kardemom
½ teelepel gemaalde kaneel
½ teelepel fenegriek (opsioneel)
Knippie gemaalde naeltjies
1 kg skaapvleis, op die been
Sout en gemaalde peper
¼ koppie kanola-olie
2-3 takkies kerrieblare
1 lourierblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
3 uie, gekap
1 eetlepel knoffel- en gemmerpasta
2 eetlepels medium kerriepoeier
1 teelepel gemaalde borrie
3 slaaitamaties, gerasper
5 aartappels
2 koppies water
Handvol vars koljander
2 heel brode
Ouma Priya Se Metode :
Kombineer die speserye in 'n bak. en guer vleis met 2 eetlepels daarvan
Gooi olie in groot pot en braai kerrieblare, lourierblaar, kaneelstokkie en steranys vir 2-3 minute oor medium hitte.Voeg uie by en braai tog lig bruin
Roer deur knoffel- en gemmerpasta, kerriepoeier en borrie en braai vir 1 minuut. Voeg dan vleis in en braai vri 8 minute
Gooi tamaties in en gebruik 'n houtlepel om al die stukkies wat aan die onderkant van die pot vas is, los te maak Voeg aartappels by en kook vir 5 minute
Giet water in, voeg koljander by, prut saggies vir ongeveer 45-60 minute totdat die vleis sag is
Pas die geurmiddels aan en skep kerrie in broodhelftes, maak seker dat jy genoeg van die ryk sous bedien.
Bedien met gekapte vars koljander bo-op.
Kontak ons op 082 332 2266 of stuur n posduif na [email protected]