27/10/2015
Toe 'n jong vrou eendag by haar ma huil en moedeloos haar lewe beskryf asof sy net wil handdoek ingooi, neem haar ma haar sonder 'n woord kombuis toe. Daar neem sy drie kastrolle en vul elkeen met water. In die eerste plaas sy 'n paar wortels, in die tweede 'n paar eiers en in die derde gemaalde koffiebone. Toe sit sy dit op die stoof en laat dit kook...
Twintig minute later skakel sy die plate af. Sy haal die wortels uit die bakkie, toe die eiers en laaste die heerlike geurige koffie en vra haar dogter: "Wat sien jy?"
"Wortels, eiers en koffie," antwoord sy.
Die ma laat voel haar toe aan die wortels. Dit was sag gekook. Sy dop 'n eier af en laat haar voel aan die klipharde eier. Daarna skink sy vir haar 'n heelike geurige koppie koffie.
Elkeen van dié drie het dieselfde krisis deurstaan ~KOKENDE WATER~ Maar elke een het verskillend gereageer:
*Die wortel is hard en onverbiddelik die water in, maar dit het sag en swak daaruit gekom.
*Die eier was broos en sag. Die dun dop het die vloeibare inhoud beskerm. Maar die kookwater het die binnekant verhard.
*Die gemaalde koffiebone het uniek reageer. inplaas daarvan dat dit verander het, het dit die kookwater waarín dit was, verander.
Watter een is jy? As krisis en pyn aan jou deur klop, hoe reageer jy? Soos die eier, die wortel of die koffieboon? Baie mense swig onder die druk van krisisse en word kragteloos soos die wortels. Ander lyk oënskynlik maar nog net dieselfde van buite, maar binnekant is dit kliphard, soos die hardgekookte eiers. Sal dit nie wonderlik wees as ons soos die koffiebone kan reageer nie, as ons die 'water' waarin ons gekook word kan 'verander' eerder as om deur dit verander te word?
Mag jou dag soos 'n koppie geurige, varsgemaalde, warm koffie wees. Dat jy situasies sal kan verander en nie die situasies joú laat verander nie. Deurdat jy WEET Jesus is REEDS besig om die krisis of moeilikheid NAMENS jou te hanteer. Mag jy jou koffie vandag uit jou piering drink, nie omdat jy gemors het nie, maar omdat jou beker letterlik oorloop van al God se seëninge in jou lewe! En mag die 'aroma' wat jy afgee, mense laat smag na die teenwoordigheid en vrede van God. Want daar's nou maar net eenmaal NIKS so lekker en onweerstaanbaar soos 'n warm koppie 'boeretroos' nie!☕