02/01/2026
Na baie nadenke, gesprekke en drome wat gevorm het, het ons besluit om Bella-Louise Restaurant as aandrestaurant te sluit.
Hierdie plek was meer as net ’n restaurant – dit was ’n ruimte vir lag, gesels, vieringe en spesiale oomblikke. Elke gas, elke ete en elke woord van ondersteuning het vir ons ongelooflik baie beteken, en daarvoor sê ons opreg dankie.
Ons reis verder hou koers. Ons fokus verskuif na privaat funksies en spesiale geleenthede, met ook ’n paar verrassings wat in 2026 op julle wag.
’n Stukkie Bella-Louise leef voort en ons sien ook baie daarna uit dat van ons gewilde aandspyskaart-disse deel sal word van die Velskoendraai Padstal se spyskaart, sodat julle steeds ’n bekende gunsteling of twee saam met ons kan geniet.
Met dankbaarheid in ons harte deel ons ook dat ons personeel deel bly van die Velskoendraai familie en na Velskoendraai Padstal skuif, waar ons hulle met dieselfde warmte sal verwelkom.
Velskoendraai Padstal se nuwe ure:
Maandag – Saterdag: 08:00 – 18:00
Sondag: 10:00 – 15:00
Tydens velblomme-seisoen beplan ons om die ure verder te verleng om al ons besoekers te kan bedien.
🍽️Ons is nog vir ’n paar dae oop en sien uit daarna om julle een laaste keer in die aande te ontvang:
Dinsdag – Saterdag | 17:00 – 21:00
Laaste aand by Bella-Louise: Saterdag, 11 Januarie 2026
Navrae & Privaat Besprekings
Kontak ons gerus: Louise Nortje & span
☎️0834603773
Dankie dat julle deel was van ons storie.
Dankie vir julle lojale ondersteuning – ons sien uit na hierdie nuwe hoofstuk saam met julle!