SettieG's Kitchen

SettieG's Kitchen We provide a meal, every Sunday, to children in need. A family of seven, all working together, by Feeding scheme - Operational on Sundays

06/07/2022

Hi julle

Kan ek net vir almal sê dat ek nog steeds Sondae kos voorsien aan my mensies. Dit gaan maar gerook baie keer en Sederville Tehuis vir Bejaardes hou my baie besig. Kyk ek is mos die tesourier op die bestuur.

Ek lag baie lekker as mense my teen die pad stop en vra "Charlene, gee jy nog kos?" Ek doen, ek gee nog kos. Ek het dan net nou die dag 'n heerlike pot sop en oond brodjies gemaak. Antie Anita en Lussie het nog dai skenking gemaak.

En Zandrug se aartappels kom nog sterk deur....ek d**k ek het myself getoets. Baie keer doen mensdinge om deur social media gesien te wil word. SettieG se Kitchen is oop en ek het nog baie skenkings geskry tussen deur.

Dankie aan almal. Dit bly nog steeds 'n uitdaging om die SettieG roetiene aan te pasby my persoonlike roetiene, maar ons druk deur.

So baie dinge het in tussen gebeur. Ek het 'n paar events gereël in hierdie tyd en tot dit het bygedrae tot die feeking program so ek wil dankie sê vir diegene wat my daar ook ondersteun het.

Ai...en terwyl ek nou met julle praat...die doodhet darem nou al mens weg gevat in Clanwilliam. Ek d**k aan die jong seuntjie wat verlede week begrawe is en Antie Mary van Wilgerlaan. Yor..Yor..Sterkte aan al die families. Ek was koud geskrik toe ek hoor Antie Boy in Oranje straat is ook oorlede. Stacey...jy was jou ma se enigste kind en regter hand. Julle was getroue SettieG ondersteuners. Die Here sal julle hier deur drae.

Ek d**k so ek weet presies wat dit is om 'n ma te verloor. Al is jy hoe groot, dit is 'n swaar pyn. Lientjie, Marelize, Zaan en Dawie..onthou net die mooi dinge van Clanwilliam se liefste Antie Mary. Dai lag..dai kenmerkende dag. Die Here sal al julle trane af droog.

Ek kan nie belowe dat ek stiptelik elke sondag sal post nie, met load shedding is my besigheid ook so deur mekaar.

O ja..ek sien Caroline Magrietha Fortiun (Antie Boy) se huisdiens is Saterdag 9 Julie 2022 om 11uur te Oranjestraat 13 en die kerdiens by die VG Kerk in Clanwilliam om 12pm

Wyle antie Mary van Rooy sien ek se roudiens is donderdag 7 Julie 2022 om 7uur die aand by die VG Kerk, ook op Clanwilliam. Ai...die eikebome van Clanwilliam was geroep.

Kom ons ondersteun die families julle..en bid nog steeds vir SettieG. Ek sit en bid dan hoeka nou vir 'n paar hoendersakke of groente of 'n ding.

Anyway...pas julle op en bly binne, lyk my hier kan sneeu iewers lê, want dit is darem nette koud hier buite.

Koebaai

Hi daar almalJulle is natuurlik moeg gewonder of die SettieG sake nog aan die gang is lol… Baie stop my teen die pad en ...
29/07/2021

Hi daar almal

Julle is natuurlik moeg gewonder of die SettieG sake nog aan die gang is lol… Baie stop my teen die pad en vra “jong hoezit da” ...."wanne post jy"

Mense ons staan sterk. Ek het net gevoel om so ‘n kort break van social media te vat. Baie keer raak jy so behep met fotos neem en online guns dat jy maklik kan koers verloor. Jy kan baie maklik die objektief verloor, so ek was stil op FB en Instagram, maar glo my vry, ons het sommer gewoel agter die skerms of die gordyn soos mamma altyd gesê het.

Ek het ‘n wonderlike idee gekry, al moet ek dit nou self sê. Ons het op gekom met die “SettieG Angel” konsep. Met ander woorde, enige iemand wat ook wil commit tot hierdie gebaar, word dan as ‘n SettieG Angel gedoop, deur my Natuurlik.

Omtrent ‘n maand terug het ek ‘n pragtige dame in Khayelitsha ontmoet. Haar naam is Aggie en sy is een van die sagste en mees opregte mens wat ek al ooit ontmoet het.

Aggie is nou een van ons Angels. Sy het ons team gejoin en ek is trots om te sê dat SettieG nou ‘n Khayelitsha uitbreiding ook het.

Aggie gooi sommer haar volle gewig in. Ons gebruik haar haarsalon vir vinnige voorbereiding en bedien kindertjies in haar area. Dit is ‘n leka spot omdat ons tussen hopland en Khayelitsha is. Ek sal later die pad se naam vir julle gee as iemand wil kom in loêr.

Nicolette my ou staatmaker bly mos by en ons het sommer reg af geskop deur eers uit die bybel te lees en te bid, want die Here seen ons tog so baie.

Dankie almal wat nog getrou skenkings maak. Ek moet sê ons trollie by Spar staan nog en ek kon darem van daardie donasies gebruik om die potte al kant te laat kook lol

So as julle vir Aggie teen die pad kry, groet nou maar mooi….. Miskien “Awe Aggie van SettieG” of so iets lol

Ek gaan nog post.

Julle moet hoor van twee groot donasies wat ek gekry het. Een is te danke aan die Change Makers Hub span. So weereens dankie Edwin Jacobs, vir die pragtige profiel op julle website. Ek is tog so enig dankbaar. Clanwiliam is ryk aan mense wat wil 'n verskil maak in ons gemeenskap en dit maak nog net my hart bly.

Ok... ek kan nou seker maar baai së, so kom laat ek groet.

Mense ons praat weer… lekker dag .

hey almalEk vertrou dat julle 'n goeie week gehad het .  Hier is 'n paar fotos van ons KOP-KLAP dag verlede week.Ged**k ...
24/06/2021

hey almal

Ek vertrou dat julle 'n goeie week gehad het . Hier is 'n paar fotos van ons KOP-KLAP dag verlede week.

Ged**k ek release vanaand sodat mense kan sien wat ons gedoen het. Dan wil ek almal net baie graag remind aan die SettieG trollie wat in Clanwilliam Super Spar staan.

Enige donasies kan in die trollie geplaas word. Mnr Koos van Zyl het ook in gestem om skenkings by Ramskop Slaghuis te aanvaar. So enige iemand wat iets vir die kombuis wil koop kan dit net by die kantoor af gee. Weereens baie dankie Spar en Ramskop slaghuis.

Ek weet ek sing dieselfde gesang elke weet, maar ek wil net weer baie dankie sê aan die hele breë gemeenskap. Baie Baie dankie vir alles julle

Mooi aand verder.

My trollie staan in Super Spar Clanwilliam - Mense dit staan sommer soos jy in kom. As enige iemand baie graag 'n skenki...
19/06/2021

My trollie staan in Super Spar Clanwilliam - Mense dit staan sommer soos jy in kom. As enige iemand baie graag 'n skenking tot die SettieG kombuis wil maak, kan julle die item/s klaar betaal by die kasiere en in hierdie trollie plaas.

Ek is verskriklik trots op die feit dat ons kombuis in 'n Super Spar sigbaar is. Weereens baie dankie Spar vir hierdie wonderlike toegewing.

Dan wil ek ook dankie sê aan Shemone Naykie Waterberry - die Graphic Designer van Just Fine Designs in Lamberts Baai. Sy het die posters gedoen. Haar werk is regtig puik, jule moet tog gebruik maak van die dame.

Mag die Here al die goeie dade en werke seën.

19/06/2021

Hello almal

Ek is weer terug met ‘n brokkie nuus. Iemand het noudie dag vir my geskree “mamma char, nou wanneer dan?” Toe d**k ek is ook ma goed ek was eers bietjie stil, want jeug dag lê wag vir my. Ek het altyd vir die team gevra “guys wat doen ons op jeug dag?” Ek het darem nou al ged**k en ged**k en die Covid-19 regulations curb mens so.

Ek besluit toe om ‘n groot projek vir die dag aan te pak. Ons noem dit toe sommer die SettieG Kop-Klap dag. Nou Kop-Klap in die coloured community is dieselfde soos om te sê jy gaan daai kop pak gee. Ons het die hele dag van 16 Junie 2021 gebruik om hare te was, te blou, vleg en skeer. Dit was omtrent ‘n besigheid. En met die lekker koue dag van Woensdag het ek ‘n lekker pot sop gehad en 10 brode, want die span wil mos nog kou ook lol Kyk ek het hulle mos so gespoil lol. Maar kom laat ek julle gou lekker uit pak hoe die ding in mekaar steek.

Right, ek sit met die Kop-Klap idee maar ek hettie eers ‘n bottel shampoo nie. En wie blow? Wie vleg? Wie skeer? Ek moet darem seker nog ‘n extra - kom ook hê. Eerste ding kry ek gou vir Veroeska da oorkant die Cathy Johnson saal in die hande.

“Andria’s…….. Andria’s…….. Zeta, Zoey, Zayla, Zeska…….. waar is die tjennirs” skreeu ek van buite af in. Hier kom Zayla… “bring gou da deddie se phone” Kyk Varushka blow hare en jou kop kan ma hoe tai wees, as juffrou klaar is, dan het jy ‘n wip in jou stap, so ek moet nou vir Veroeska bel. Geld het ek nie so ek sê klaar vir Here die moet ‘n verniet saak wees.

Die phone het gekom en ek klim oppie lyne. “Hi Rushie, how are you?” Nou ek het mos dai manier om oor te slaan engels toe as ek ‘n ding verniet soek lol Ek het darem toe die saak in Afrikaans gestel, maar ek sê vir jou, ek het nog nie eers klaar gepraat nie, toe sê Veroeska M Strauss “is reg Charlene” Woensdag oggend 10uur toe kom jy moet haardroër en tang. Sy was al blower en nie een keer het Veroeska geklae nie. Nou moet jy weet dit is nog koeke uit kam ook. Verder sorg ek net dat Rushie elke keer ‘n warm koppie koffie het. Syt skaars op gekyk van kan blow.

Jong die rook het gesweef, dit het later gelyk soos dai smoke in die music videos lol En moenie vir Rita Booysen weg gooi nie. Rita en Kaylin Cloete was die vlegters. Ek het nog met Rita gereël maar Kaylin het sommer self daar aangekom en aangebied om te vleg. En die meisie kinders besluit self. “ek wil graag blow” se die een. “antie Charlene ek gaan vleg” Mariska Stevens was die shampoo girl. Ek d**k toe “haai , dit is ‘n vakansie dag vandag” Kyk die mense kon mos lekker by hulle huise gesit en rus het.

Kyk vir Veroeska, sy blow hare vir ‘n ekstra inkomste in haar af tyd. Hulle het die hele dag aan die SettieG kombuis toegewei.
En moenie vir Sederberg Primêr weg gooi nie. Weet julle dat die hoof, juffrou Carstens, nie twee keer ged**k het om te help nie. Ek het vir juffrou gebel, mos toe nog half skaam ook.

“hi jufffrou, dit is Charlene Mounton hierso” Kyk juffrou ken nou al die gesig want ek het mos verlede naweek ‘n spreukb***t in die VG Kerk op Clanwilliam gekry en juffrou was omtrent statig uitgevat in die kerk banke. So juffrou weet toe al presies waar dit brand. “juffrou dit is Charlene Mouton hierso”…..hmmm “juffrou jeugdag is Woensdag”, warra warra fishpaste vertel ek toe die hele storie. Julle wil nie weet nie. Sederberg Primêr op Clanwilliam bring vir my shampoo, conditioner, hairfood, jong ‘n kam en ‘n borsel. Ek was toe so op gewerk want die klonge wat moet hare skeer is toe ook moeilik oor hairfood aan smeer.

Anyway… Dit is toe nou die personeel onder mekaar wat die goedjies gekoop het. My trane het geloop. Ek d**k toe, is nou ‘n jammerte hier is nou nie 2kouse by nie lol. Kyk van die span moes deur loop met kous vleg ook , want dan kry die blow span eers vrydag klaar geblow, volgens koeke. Juffrou Carstens en personeel, baie dankie vir die ondersteuning. Ek d**k toe hoeka, SettieG maak hulle sommer nou reg vir die skool vir donderdag.

Daar was toe hoeka ‘n span wat met hulle eie blou linte, sommer so in die hand daar aan gekom het. Ja die skool en sy staff het ‘n groot rol gespeel. Ek weet juffrou Kapira en juffrou Bridgette van Zyl is groot ondersteuners van dag een af…. Maar dit is nie al nie.
Kyk ek het mos toe die pot sop en 10 brode, maar julle sal sien in die video, ons deel toe nog chips en koeldrank ook uit. Nou so lyk dit as Clanwilliam Super Spar aan boord kom.

Ek het ‘n oproep gekry en hulle wou weet hoeveel kinders sou opdaag. Ons was omtrent 60 en ek moes hulle mos nou op deel, volgens Covid. Spar het daardie groot skenking gemaak. Ek moes toe nog skreeu “tel op daai niknaks pakkies daso” want dit lê die wêreld vol. Spar baie dankie.

Op daai noot….Spar het omtrent so ‘n week gelede vir my ‘n groot geleentheid moontlik gemaak. Daar staan ‘n SettieG trollie in Clanwilliam Superspar, sommer net da wa jy in kom. Mense, enige skenkings wat julle wil maak, kan julle in die trollie vir my sit asb. Ek het al taamlik goedjies ontvang so die wat ‘n sakkie geplaas het, baie baie dankie.

So ja Clanwilliam Super Spar… kyk Spar was mos al groot winkel in Clanwilliam. Die ou span, antie Joanie, antie Gertie, Stienie en Adri goed. Ons het met Spar groot geword en was mos almal baie hartseer die dag toe hy af brand. Ek sien nog so duidelik die klein wit brood lorrietjie van destyds lol Spar drae ook by tot die gemeenskap van Clanwilliam, want dit bly Clanwilliam se winkel. Dankie, dankie, dankie Clanwilliam Super Spar.

Nou ja toe .. dit was toe nou ons jeug dag. “we can’t only feed, we must be neat also” Dit was ‘n suksesvolle KOP-KLAP dag. En Natuurlik sou dit nie moontlik gewees het as dit nie vir julle almal was nie. Ek staan en kyk die besigheid so en d**k toe by myself….dit is toe weer ‘n ander tiepe diens wat ons vandag lewer. Ek wil as ek nou pay sommer twee groot naelknippers ook koop. So Sondae knip ons eers naels voor jy jou kos kry, because “we can’t only feed, we must be neat also man”

Right… een kind sê toe nog “meisies speel by meisies en seuns speel by seuns” Toe spring ek op…“kom net seuns. Alle seuns, maak vir my ‘n lyn hier af” Ken julle vir Wesley Cloete? Hy bly ook in Anemoon laan. So twee huise van my af. Jong Wesley staan gereed met ‘n groot haarsny masjientjie. Het wesly nou vir jou koppe geklap. En man-man is getrim ook. My haarskeer ou het last minute ontrek. Kyk hier, iets sê vir my gaan vra vir Wes. Sonder om twee keer te d**k toe sê hy ja. Die Here is tog goed vir my ne…of hoe d**k julle? Hy is…regtig. Wesly moes nog die middag gaan werk.

“Antie Charlene ek moet nog was. So die is die laaste ene” Dan d**k ek… ai… “nog net die twee Wes” sê ek. “kyk jy was mos maar vinnig. Jy het mos nie in die sand gespeel nie Wes” lol dan lag Wesley. Ai mag die here julle almal seën. Almal van ons saam… is engele op hierdie aarde en iewers moet ons na ons medemens begin kyk. Ons kan nooit so deur die lewe gaan en dan is daar so ‘n groot behoefte daar buite nie…nee Clanwilliam... nee Citrusdal..nee Graafwater..nee Lamberts Baai…Elands baai, Leipodltville Wuppertal nee man. Cederberg kom ons vat hande. Daar is beslis goeie samaritane oral, so die goeies uit gesluit.

Dan sê ek nie ondersteun vir SettieG nie, maar ek sê gun iets vir jou medemens. Gooi ‘n bietjie suiker uit soos destyds. Stuur 4aartappels om, sny die snoek deur, bless iemand met die ou klere, want deur dit te doen, betaal ons ook ons kollekte. Kyk na mekaar en kom ons begin besef, dat wat ons vandag het, kan ons vinnig weer verloor.

En wanneer jy loop swaer trek, dan besef jy regtig hoe dit voel, wanneer ‘n rand te veel is, want jy het hom nie.
‘n Persoon vir wie ek my hoed af haal is Alindre Dyssel. Mense ek vra nie, sy bel en bring. En elke keer bring jy verskillende goed Alindre, maar dan is dit juis wat ek op daardie oomblik makeer.

So werk die Here. Dankie dat jy die kombuis help staande hou my dierbare Alindre. Die Here seën jou en jou gesin dubbel matig.
Laastens… ek sing in die video. Wil ook darem net sê ek kan ‘n noot hou lol Anell Jantjies…my super stêr lol dankie vir al jou moeite en support. Anell het hierdie video self gemaak julle. Eendag wil ek nog vir jou ‘n groot chocolate koop ne? Ek is tog baie dankbaar Eelox. Tonne liefde.

Nou ja toe, ek is klaar. Pas julle op, vergewe die spel foute en bid nog al aan. Ek maak more pasta vir die span en dai macaroni gannie self in die pot water spring nie. Gou nog die tjennirs ook hier roep want hulle moet gaan krag koop.

Lief vir julle almal. Hoop julle het lekker gelees… lekker aand.

Mamma Char

🎬 Anell Jantjies : Eelox
🎼 Inshot Classic : The Space

Ek het regtig die seëninge onderskat nè.  Mens d**k altyd dit moet in 'n spesifieke vorm wees, maar die Here werk mos op...
05/06/2021

Ek het regtig die seëninge onderskat nè. Mens d**k altyd dit moet in 'n spesifieke vorm wees, maar die Here werk mos op sy manier, verkeerd om, reg.

Al gehoor van Change Makers Hub? Dit is 'n "non profit" wat baie aktief in Cederberg begin werk het. Hulle fokus is om almal te akkomodeer wat 'n verskil in hul gemeenskap wil maak. So change makers connect basically almal en kyk hoe verskeie organisasies en NGO's kan saam werk tot een doel.... om ons mense se omstandighede te verander.

Ek voorspel hulle gaan nog sommer baie dinge vir Cederberg doen.

Soos ek verstaan is daar al reeds direkte betrokkenheid vanaf Michelle Koorevaar - Die direkteur van CMH by ons gemeenskappe. Julle moet tog bietjie meer lees oor hulle

https://www.changemakershub.org/

Change makers het my ook gekontak...Ek is baie excited. So ek was genomineer as 'n change maker in Clanwiliam en hulle feature my toe op hulle official website. Edwin Jacobs werk vir Change Makers en het heel week gesweet om my profiel aan mekaar te slaan.

Edwin en Michelle , baie dankie vir julle moeite. Ek waardeer dit ten volle.

Mense, nou het ek almal se hulp nodig asseblief. Hoe meer mense my profiel besoek online, hoe beter is my kanse om support te kry uit alle rigtings. Julle moet 'n review skryf hoor. Sê wat jule d**k van my kombuis. Of dit 'n goeie ding is, want ons wil hê ander NGO's en organisasies moet sien dat die gemeendskap agter SettieG's Kitchen staan asb, asb, asb mense. Vertel julle ervaringe tot dusvêr en wees eerlik lol

Click net op die link
https://www.changemakershub.org/listing/settiegs-kitchen/

en dan skryf julle 'n review nè. Ek het nog opwindede goeie nuus wat sal volg, so ons doen dit so een -een op 'n slag.

Baie dankie almal dat julle my altyd so mooi ondersteun. Sal julle asseblief ook die post share.

- Mooi dag vir julle

We feed the less fortunate. We realized that the Covid-19 pandemic left many parents unemployed. Besides standard poverty that was in existence, covid trippled the aftermath of poverty. We believe that a proper meal at least once a week, will sustain the child for a couple of days but we also acknow...

Hello my geliefde Clanwilliamers en alle omliggende ondersteuners.  Ek het net vimôre gesê, ha a, iewers sal ek moet tyd...
31/05/2021

Hello my geliefde Clanwilliamers en alle omliggende ondersteuners.

Ek het net vimôre gesê, ha a, iewers sal ek moet tyd maak om weer te skryf. Lyk dan nou alles staan dood stil. Ai, maar dan kom jy weer by ‘n punt waar jy d**k, wil ek regtig alles so op social media sit? Voel so mens wil vir die wêreld uit basuin waarmee jy besig is.

Aangesien die kombuis verlede Sondag toe was, het ek toe sommer lekker tyd gekry om introspeksie te doen en vir die Here gevra of dit die regte besluit was. Kyk mens weet nooit, dalk was ek emotioneel en die Here het eintlik gemeen ek moet naaldwerk klasse aanbied of vir Nicolette help skoene maak of 'n ding, maar hoor gou die.

Right – ons het ‘n week en ‘n half om te beplan, kyk SettieG was mos nou toe. Ek d**k toe “good shot”. Die naweek is dit hare vas vat. Kyk ek het 4 meisie kinders en as ek aan die kam gevat het om vir Zayla te bewerk dan hol die babatjie, Zeska, al sommer by die tralie hek se glewe uit, pad af, want hulle weet. Jong en ons maak huis skoon en vletter, want daar is toe tyd.

Onthou ek begin gewoontlik al saterdae met die voorbereiding van elke Sondag se maaltyd. So ons kon sommer woel en vletter dai naweek. Toe vat dit my weer so terug, want vir die eerste keer in ‘n lang tyd was my Sondag bord kos vir die huis, weer betyds.

Andrias het nie een keer gepraat nie, want hy, tesame met die tjenners bly sommer so kop in die bord soos hulle eet lol Nou d**k ek, moet ‘n mens altyd eers deur ‘n storm in die lewe gaan, voor jy weer al die klein goedjies waardeer? Ek sit met ‘n gesonde gesin en ‘n man wat Mamma Char se kos enjoy lmklaa. Ons het sommer genoeg tyd gehad. Ons was heel week by die huis ook en daar het ek nou kon af sluit en net weer my gedagtes align met die pad vorentoe. Doen ek die regte "ding? Nou smaak dit my ek het die rus darem net te geniet…. Kan ‘n mens nie maar nog 'n Sondag skip nie. En die span was by hek met hulle bakkies.

Oooo.. dit is so goed ek het harte gebreek. Want myne was swaar van emosie toe ons moes sê maar die kombuis is toe. Zeska, my twee jarige dogtertjie het later die praat werk oor gevat…. “komma more” Da moet ek weer van binne af skreeu “NEEEEEEe nie môre nie, volgende Sondag” lol

Anyway…. Nou remind die duiwel vir my aan die lekker rus. Skip nog ‘n Sondag man, maar ek sê vir julle lmkla.. issie hoe nie, toe praat die Here ook. Rus? …… Rus? “Jy gan Sondag SettieG kos maak en jy gaan Khayelitsha toe met ‘n pot sop” Ek weet nie maar die oortuiging kom in my op en ek stuur een van tjenners pad af….. “gaan roep vir Nannie”.. dit is nou Nicolette.

Diè staan toe in die pad en ons twee praat in kodes lol “my sister” sê ek. “jy moet sommer Saterdag reguit van boeta Pietie af na my toe kom. Ons gaan so 11uur Sondag oggend tot in Parlement straat, loop sop skep” lol Kyk hier, Pom se gesig gee ‘n soort kyk… “Charlene, jy weet dan 6 uur more oggend moet ek jou kom wakker trap”… Kyk toe d**k....... ek hoor nou. weer.

Julle willie weet nie, die beplanning is gedoen so is nou n lekker warm stew en rys vir die normale kombuis tyd en dan die groot pot sop vir Khayelitsha. Anell Jantjies het nog hier met ‘n ekstra pot aangekom want ek het mos net een. Dan moet ons so die kosse oor gooi om weer ‘n volgende ding te maak. Anyway…ek d**k toe Saterdag, jong ma ek is mos na Kaffie se 60 toe genooi.

Wag wag wag, kyk hier, 2 uur Saterdag middag toe maak ons sop. Lol Want ek moet nog hare blou en ek weet mos brother kaffie raak mos net een keer 60. Dit was ‘n geneuk, Nicolette was by die huis met die kinders. Sondag oggend toe skep ons sop in Khayelitsha. Haai…. Man-man het sy SettieG voorskoot aan (dankie KK&PP) en die tjennertjies kom.

Toe d**k ek so aan die woord wat sê “vehinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God” Die sop was te min….. die sop was nie genoeg nie. Ek het vir die ander span gesê “kom af tot daar onder by die huis” Toe ons by die huis kom toe sit die mense, volwassenes en kinders teen die draad en teen die muur oorkant die pad, dit was ‘n besigheid.

Op nuut besef ek, ons werk vir ‘n maandelikse salaris, ons is so bevoorreg. Hierdie mense kom omdat daar regtig ‘n nood is. En dan kry jy nog die man wat weg kyk as die minder bevoorregtes vra vir iets om te eet. Ons lewens het te van selfspreukend geword.

So ek wil nou sommer sê, elkeen van julle wat al ‘n hand by gesit het by SettieG of enige ander soortgelyke organisaie, die Here gaan julle seen bo jul verwagtinge. Die geringste goeie daad sien ons Skepper raak.

Ons het weer die week gehoor van die wat skielik en onverwags deur die dood weg geruk is. Ek weet van antie Eva en ook van Nekkies. Die lewe is so kort en ons ken nie die uur of tyd nie, so laat ons uit ryk na mekaar toe. Ek wens die families sterkte toe namens SettieG’s Kitchen en span. Mag God julle krag gee en versterk. Dit is nou maar net nie maklik nie….

Ek gaan nou groet…ek hoor hoeka die span daar op die hoek van Eikelaan en Wilgerlaan sê ek skryf te kort lol hulle sê vir Nicolette die phones charge al van Sondag oggende af lol want hulle wag vir 'n nuwe post.

Mense ons kombuis is weer oop… en ons staan sterk. Iemand skenk vir my potte asseblief man…of gee vir my ‘n ou pot.. ‘n grote. Dan weet ek die rys kook eenkant en ons kan voort gaan met die ander goed. Ai – kan ek nie iewers potte op tel nie. Is mos darem hou goed…. “op tel goed is hou goed” het ons kleintyd gesê lol

Ek wil vanaand ‘n gebed doen:

“ Vader, u weet ek het sommer nog taamlik goedjies nodig, maar werk asseblief in iemand se hart, om vir my net ten minste twee groot potte te koop of skenk. Laat hulle my eers bel Here en nie net kom af lewer nie , anders sit ek weer met te veel potte ook. Met baie danksegging Amen”

Lekker aand julle en onthou asb die maskers ne, ons moet nogsteeds versigtig wees. Masker oor die mond en die neus

Lekker slaap, bye-bye

21/05/2021

Hi my geliefde kindertjies, vriende en familie van Clanwilliam. Ek hoop dat julle lekker warm en veilig is.

Neem asseblief kennis dat SettieG's Kitchen nie eerskomende Sondag 23 May 2021, oop sal wees nie.

Ons sal weer amptelik magies begin voed van volgende Sondag af. Dit is nou die 30ste.

Julle moet veilig bly en 'n fantastiese naweek hê.

Liefde
Mamma Char

Een episode in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie, is die een wat op Sondag 12 Mei 2018, om 9:30 af gespeel het. Ons m...
13/05/2021

Een episode in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie, is die een wat op Sondag 12 Mei 2018, om 9:30 af gespeel het. Ons moes die ambulans bel, want mamma het skielik swakker geword. Mamma is hospitaal toe en ons is agterna.

Ek weet Essel het daardie spesifieke dag gewerk. Hy en sy kollega was baie behulpsaam. Ek kon myself nie verstaan , want alhoewel ek teenwoordig was, was ek ook dom of vaag. Dinge registreer by my, maar ook nie.

By die hospitaal gekom en mamma word opgeneem. Dit was ‘n baie lank Sondag hoor. Ons het rond gestaan maar ek was kalm. Natuurlik gebid en vir God baie dinge belowe in ruil vir mamma se genesing.

Maandag môre, maak ek nog gereed om by die werk te gaan aan meld. In my wêreld is dit om reëlings te tref, om net vinnig weer by Clanwilliam hospitaal te gaan in loêr. Hier kom Björn…”Charlene jy moet kom”……. Nee kyk, toe weet ek.

Niemand praat in die kar nie. Al wat ek weet is dat ‘n hospitaal wat 5 minute van my huis in Anemoonlaan af is, het op Maandag 13 Mei 2018 gevoel, asof ons nou Noord-Kaap toe ry. Ek kon nie gou genoeg by die hospitaal uit kom nie.

Toe ons die draai vat, in by die hospitaal se hek, toe sit my linker hand al op die deur se knip, want ek wil uit. Die kar stop en ons is in. Ek sal nooit vergeet nie. Toe ek in mamma se saal in stap, slaan die klok 8uur op die kop. My trane loop, want toe is my ma se oë al toe en sy kon nie praat nie. Mamma was swak en ek d**k ek het geweet die doods engel staan in daardie vertrek en wag, maar tog het ek dit uit geblok. Gestaan en gestaan en weer begin huil…08:20 toe blaas mamma haar laaste asem uit. Ek was nog nooit so hartseer nie.

Eers sterf Bones (Brendt, my broer) Sy kar brand uit met hom binne in, op die N7 duskant Moorreesburg, toe sterf Pappa, hy het kroniese siektes gehad en hier gaan my ma ook. Onmiddelik d**k ek terug aan my groot word dae, aan die “good old memories” van my en ou Settie. En dit bring my terug na die isolasie tydperk van my hele gesin verlede jaar, nadat Ek, Andreas en al die kinders Covid op gedoen het. Ek lê die dag en worstel weer met die Here met net een vraag. “Hoekom vat U almal en U los vir my?”… Skielik is net ek oor.

Die moegheid oorval my en ek sien my eie dood. Ek sien die Covid begrafnis maar ek praat met die Here. Ek sê “ Vader, sou U my en my gesin genadig wees en ons dra en gesond maak, sal ek iets doen om ‘n verskil te maak in mense se lewens”
“Iets volhoudbaar, maar dra my net hier deur”… Die Here het sy deel gedoen. Almal om my is gesond en ons kon terug keer na ons daaglikse roetine. Toe was dit my b***t. Toe kom die groot toets of ek my kant van die deal so hou. ‘n Begeerte kom weer by my op om behoeftiges van kos te voorsien. Mamma wou altyd sop by die laerskool se draad uitdeel in winter tyd, maar sy kon nie sop maak nie, so van daardie droom het niks gekom nie. En ek wou al van tevore met so ‘n projek begin, maar ek het nooit die selfvertroue gehad nie. Ek was bang.

Hierdie keer was anders omdat ek ‘n belofte aan my Skepper gemaak het. So ek het geweet God sal mense stuur om my hand te vat. Iets baie mooi gebeur toe. Wragtig stuur die Here mense op my pad wat my help en dit is hoekom my hart vandag oorloop van blydskap. Mamma is 2 jaar oorlede vandag en obviously is dit hartseer, maar ek huil nie meer asof daar geen hoop is nie, want mamma se droom is bewaarheid. Die SettieG kombuis staan, met of sonder kos. Met of sonder skenkings en borge.

January 2021 vat ek my salaris en ek maak toe net ‘n begin. Vandag is hierdie FB blad ‘n getuienis van die guns van die Here wat op SettieG’s Kitchen rus.

Ek sou vir mamma sê “ek wêns ek kon vir mamma meer doen”. Ek wêns mamma kon weer sê “dankie Charlene” Dit is twee jaar later vandag en vir niemand is dit lekker om ‘n ma te verloor nie en baie keer voel ek leeg en swak, maar my lewe het weer purpose kom kry. As die kinders terug kom en sê “dankie antie Charlene, die kos was baie lekker”… dan loop my trane van blydskap. Ek verstaan nou hoekom mense vrywillige diens doen. Dit bring ‘n ander tipe siels vreugde. Ek sien uit na elke Sondag en soos dit nou lyk het ek nog net patat vir Sondag se bord, maar die God wat hierdie droom vir my moontlik gemaak het, weet ek sal voorsien. Hy sal en Hy gaan voorsien. Net ek en Nicolette het oorgebly en vandag trek ons die wa…ons staan trots met min, maar ons het die Here aan ons kant.

Ek gaan nog later ‘n pragtige video post wat Anell Jantjies saam gestel het. Dit het my in trane gehad Anell so vreeslik baie dankie.

Hier is ‘n fototjie van Mamma , Rosetta Goeieman aka antie Settie van oom Lonnet lol

2jaar oorlede vandag- Jy moet sag rus my liefste moeder. Ons sal mekaar weer ontmoed, maar tot dan, gaan die SettieG’s Kitchen voort met die goeie werk hier op aarde.

Mamma is verewig in ons almal se harte

Tonne liefde

Charlene

Hi almal my mense… Ek hoop en glo dat dit met julle baie goed gaan.  SettieG’s Kitchen het al weer waves gemaak op moede...
09/05/2021

Hi almal my mense… Ek hoop en glo dat dit met julle baie goed gaan. SettieG’s Kitchen het al weer waves gemaak op moedersdag. Nou sit ek hier met stywe spiere en Andrias moet al weer my voete uit smeer.

Ek is diep moeg. Ons het letterlik amper heel nag deur gewerk, want ek het die eer gehad om vandag twee baie belangrike gaste, met hul metgeselle by my huis te ontvang. Kyk hier… die span het kom help kos skep en toe alles klaar is, toe sit almal en eet ‘n Sondag moedersdag maaltyd wat ek vir hulle voorberei het. Mamma se sitplek was leeg…maar Ouma Kowa, mamma se ma, het die dag by ons spandeer. Almal in die huis was op hol…smaak da toe my huis raak te klein want Nicolette vat vas met een ding en Nanni is toe al vroeg dag hier, ook kom vas vat. Ai en my ander steunpilaar, Annelize…ou niggie. Ons twee het so Skel-skel die wae deur die drif getrek. Ek het nie woorde vir julle nie, regtig. En Natuurlik al die ander hande wat gehelp het…Yor…die dag was perfek.

Kyk toe Cederberg Munisipaliteit se law enforcement manne op trek, toe weet Anemoonlaan se span, iets is aan die broei by nommer 41. David en sy span het die pad af gespêr en Clanwilliam SAPD het kom hand by sit met crowd control. Nêtjies is die ouens in uniform voor oorlede Settie en Lonnet se deur. En trots langs my staan Nanni (Hester Van Rooy), Nicolette en ouma Kowa… die direkte bloed lyn van Rosetta Goeieman. Verder het Anell Jantjies al vroeg oggend kom fotos neem en my resepte kom steel. Ek het ‘n bout in die oond gedruk vir die span wat kom.

Right… een van die Rural Development Officers by Cederberg Munisipaliteit, Bradley Zass trek op voor my deur, omtrent so 10:45. “Mamma Char, ek het nou voor uit gery. Die span kom nou bakserig af” sê hy. Die LED sektor, onder andere die Toerisme Ekonomiese Ontwikkeling afdeling, het ‘n groot rol gespeel in hierdie tipe van geleenthede. Minute later lui Bradley se foon en dit is Johan van Rooy-Brandt. “ Brad ons kom nou Kersboslaan op, dan kom draai ons Anemoonlaan in, van die bo kant af”

Right…almal staan in die pad. Andrias en die kinders is by. Hier kom ‘n konvooi van karre. Ek sien toe die Navy blou CJ Duster van KK&PP ry voor. AJ is agter die wiel. Mense raai wie het vir my kom kuier? Raai…..Ek d**k toe net “nou moes mamma gelewe het”

Is ‘n wit 4x4 grênd ding….Denise Newman klim toe uit. Die aktriese, of moet ek liewers sê Bridgette van Suid-Ooster.

Right da is nog ‘n kar.. Audi…uit klim Blou bul rugby speler,smaak my hy oefen nou vir die 7’s – Stedman Gans.

Denise se Man, Clive is ook by, en Stedman kom spandeer moedersdag by my huis met sy ma Charlotte Gans en neefie, Lance. Hulle stap so deur my huis en kyk oorle Mamma, Pappa en Brendt se fotos. Ek d**k toe Charlene, jy huil nie- is nog toe vroeg.

Daar staan ek in my sitkamer en ek moet vir die mense die aanloop verduidelik van SettieG’s kitchen. Toe huil ek…want my ma sou tog so trots gewees het, regtig waar. Beide Stedman en Denise staan en ek kyk my vas in die oë. Verder wys ek vir Nanni met die oë “kyk die pampoen op die stove” Smaak da toe ek ruik brand lol.

OOOO… dit was ‘n moment. Die lieflikste en mees opregte mense wat jy kan kry. En die span kom in die gemeendskap in man. Dai likes ek. Ons staan nog so, toe vat Johan van KK&PP die vloer. Nou ek het verlede naweek by Mej Suid – Afrika gesien, 2019 se een, dat KK&PP is vol verassings. Die man haal twee voorskote uit. En sit vir Denise en Stedman elkeen ‘n voorskoot om. Groot geprint…… “SettieG’s Kitchen”… Kyk hier, toe huil ek. Toe tref dit my , my besigheid is ‘n regte besigheid. Die mooiste was toe hulle klaar geskep het, toe oorhandig hulle die voorskote aan my en Nicolette. Die raak mos toe nog kwaad omdat ek “POM” sê lol Ai, toe ek my sister so kyk, die trots.

Het julle al gesien hoe sit Denise Newman en Stedman Gans langs mekaar op my sitkamer bank en trek hulle skoene uit? Kyk Boeta Pietie het deur geval met ‘n paar leer vellies vir elkeen. En die span wou onmiddelik aanpas lol “oooo die leer is so sag” sê Denise. Hulle is met daai skoene aan hulle voete trug kaap toe.

Toe die SettieG kinderjies klaar bedien was, toe sit my gaste. Kyk Stedman het sommer een keer vir hom ‘n vol bord geskep, maar ek sien toe Denise jag daai groenboondjie bredie en die bak aartappel. Wie het kon d**k ek en my span sal so ‘n voorreg hê. Hierdie mense deel in ons nood Clanwilliam en in die nood van die hele Cederberg. Hulle waardeer tog wat ons doen.

Baie mense het dit natuurlik moontlik gemaak en ek moet vir julle dankie sê, ek moet! KK&PP baie dankie, weereens vir nog so ‘n groot geleentheid. Cederberg Munisipaliteit, wat hande vat met ander organisasies en hierdie tipe van geleenthede vir ons moontlik maak. Ek stap op die stoep by die werk nou die dag. En net so met die verby loop, kom Direkteur H Slimmert verby en hy druk iets in my hand. “sterkte” sê hy. Die geringste bydrae help om ‘n maag te voed.

Elvira Kleinsmith kom stop voor die deur en bring hoender. Rooibos borg ys tee. Shereen Swartbooi borg nagereg. Ramskop Slaghuis lewer weereens ‘n groot bydra..Thea, daar in die industrieële weg en Kaap Agri Clanwilliam, lewer ‘n bydra. My hart loop oor van blydskap. Bo alles..wil ek tog vir my Skepper
en hemelse Vader vanaand dankie sê. My gebed is dat Hy my moet trou hou, sodat ek nie moet moeg word en moed op gee nie. Vader so dat U naam verheerlik mag word, tot uitbreiding van U koningkryk. O ja , Denise het gebel om te sê hulle is veilig in die Kaap lol

Dankie julle… ek moes dit net deel. Hou aan bid vir my en my hele gesin asb.

Bye -bye

Address

Anemoon Laan
Clanwilliam
8135

Opening Hours

12:00 - 14:00

Telephone

+27766669968

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SettieG's Kitchen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SettieG's Kitchen:

Share