Voshaarnooi Koffie Roostery

Voshaarnooi Koffie Roostery Voshaarnooi Koffie Roostery offers you an unique experience for all coffee lovers.
(1)

16/09/2026

HEERLIKE Kraak beskuit & Eat produkte!

Geagte Voshaarnooi Koffie Roostery kliente.Die wat verby die dorp ry maak gerus n draai by die ou adres .. op die hoek v...
16/09/2026

Geagte Voshaarnooi Koffie Roostery kliente.

Die wat verby die dorp ry maak gerus n draai by die ou adres .. op die hoek van Forsmanstraat 53 en Voortrekker straat. Selfde gebou en lekker koffie net nuwe eienaar.

Wat n spesiale dag💛💛💛Baie dankie Gezellig Koffiehuys🙏🏼My ☕️ is weer volVoshaarnooi-bone is weer terug op die rakke by Ge...
09/09/2026

Wat n spesiale dag💛💛💛

Baie dankie Gezellig Koffiehuys🙏🏼
My ☕️ is weer vol

Voshaarnooi-bone is weer terug op die rakke by Gezellig Koffiehuys — presies waar my passie begin het. ❤️
Voshaarnooi koffie Roostery het begin met net 2 sakke bone, geen kennis nie, maar ’n groot passie vir lekker koffie. Van die begin af was dit vir my belangrik om mense te leer dat daar ’n verskil is tussen koffie en goeie kwaliteit koffie — en vandag is daar gelukkig ’n hele paar mense wat daardie verskil self kan proe. ☕️🤎

Aaa-graad, medium-donker geroosterde bone, met ryk note van donkersjokolade, geroosterde neute en karamel — vol en romerig.

En nou kan jy Voshaarnooi weer by Gezellig Koffiehuys geniet én jou bone daar koop.

Dankie, Gezellig, dat julle Voshaarnooi weer ’n plekkie gee.
En aan elkeen wat deur die jare getrou ondersteun het — dankie uit my hart. ❤️

05/09/2026
Baie dinge het verander maar 1 ding bly konstant Voshaarnooi Koffie bly geurig en lekker en eksklusief. Elke pakkie bone...
05/09/2026

Baie dinge het verander maar 1 ding bly konstant Voshaarnooi Koffie bly geurig en lekker en eksklusief. Elke pakkie bone , hand gepak en geseël met baie liefde.

https://www.facebook.com/share/p/1EJMKbiHjM/?mibextid=wwXIfr
01/09/2026

https://www.facebook.com/share/p/1EJMKbiHjM/?mibextid=wwXIfr

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Gezellig Koffiehuys binnekort sy deure oopmaak!

’n Plek waar die koffie warm is, die geselskap goed is en almal welkom voel. Of jy nou vinnig ’n koffie kom haal, saam met ’n vriendin wil kuier, of net ’n rustige oomblik vir jouself nodig het- hier is daar altyd plek vir jou aan tafel.

Kom deel in die koffie, kos en geselligheid!

☕️🤍☕️🤍☕️🤍☕️🤍☕️🤍☕️🤍☕️🤍☕️

Geagte Voshaarnooi KlienteBy Forsmanstraat 51 is Heerlike varsgeroosterde koffie. Die ontvangsdame Rosie met haar vriend...
26/06/2026

Geagte Voshaarnooi Kliente

By Forsmanstraat 51 is Heerlike varsgeroosterde koffie. Die ontvangsdame Rosie met haar vriendelike gesiggie sal julle help om julle weeklikse koffie Fix te kry. Binnekort sal daar die Voshaarnooi se bord op wees om mooi aan te dui waar presies dit is.

Onthou ook om van my gebruik te maak vir vooraf bestellings dan kan ek maal soos julle verkies. Weens dit geur verloor as dit gemaal om die rak staan.

Baie dankie aan elkeen wat my ondersteun sodat ek dit moontlik kan maak om die beste kwaliteit boon te verskaf.

Plekke waar bone so vêr beskikbaar is:

Wicompany : Forsmanstraat 51 Christiana
Kiewiet padstal: Christiana
Bru Market : Skool straat 23 Hoopstad

💛Aan al my lojale kliënte in Christiana en omliggende gebiede💛Ek wil graag opreg dankie sê vir die jare se ondersteuning...
15/06/2026

💛Aan al my lojale kliënte in Christiana en omliggende gebiede💛

Ek wil graag opreg dankie sê vir die jare se ondersteuning, vertroue en aanmoediging wat ek ontvang het. Julle het ’n groot rol gespeel in die groei van Voshaarnooi Koffie Roostery, en ek sal altyd daarvoor dankbaar wees.

Oor die jare het ek met passie en toewyding gewerk om ’n unieke koffiereeks en handelsmerk te bou – van die keur van bone tot die ontwikkeling van die kenmerkende geure en smaakprofiele waarvoor baie van julle my koffie leer ken het.

Koffie is en bly my eerste liefde, en daarom gaan ek steeds voort om my koffie weekliks vars te rooster. Ek het besluit om voortaan direk aan my kliënte te voorsien deur vooraf bestellings, sodat ek dieselfde kwaliteit, varsheid en unieke smaak kan bly lewer waarop julle nog altyd kon staatmaak.

Aan elke kliënt wat my deur die jare ondersteun het: dankie. Julle lojaliteit, terugvoer en ondersteuning het meer beteken as wat julle ooit sal besef.

Voshaarnooi Koffie Roostery – steeds dieselfde passie, steeds dieselfde unieke geure, steeds vars gerooster.

📦 Aflewering in Christiana en omliggende gebiede.
🚚 PUDO en PAXI regoor Suid-Afrika beskikbaar.

Dankie dat julle deel is van my koffiereis. ☕💛

Liewe Voshaarnooi Familie 💛Amper n jaar  gelede het ek my koffiewinkel met ’n vol hart oorgegee aan ’n bekwame jong vrou...
02/03/2026

Liewe Voshaarnooi Familie 💛

Amper n jaar gelede het ek my koffiewinkel met ’n vol hart oorgegee aan ’n bekwame jong vrou wat saam met my gegroei het. Dit was vir my belangrik dat sy haar eie vlerke kon sprei — haar eie te maak, ek is so opgewonde oor n nuwe seisoen vir haar .

Maar Voshaarnooi se storie eindig nie daar nie…

Ek wil julle gerusstel: koffie bly my hartstaal. En daar is weer iets op die horison ☕✨

Binnekort begin ’n nuwe fase vir Voshaarnooi — een wat dit vir jou moontlik gaan maak om top kwaliteit, vars geroosterde koffie in die gemak van jou eie huis te geniet.

Met groot dankbaarheid d**k ek terug aan elkeen wat op my stoep kom kuier het. Julle het Voshaarnooi meer as net ’n koffiewinkel gemaak — julle het dit ’n tuiste gemaak.

Dankie vir julle ondersteuning, julle geselsies, en julle liefde vir goeie koffie.

Hou hierdie spasie dop…Voshaarnooi is besig om weer te roer 💛

Groete
Die Nooi

Address

53 Forsman Street
Christiana
2680

Opening Hours

Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00
Saturday 08:30 - 13:00

Telephone

+27510070550

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voshaarnooi Koffie Roostery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category