27/09/2015
Heerlike, vinger-lek lekker kos vir allerlei geleenthede
Waarskuwing...! Moenie dat die tyd julle onkant vang nie, die jaar staan nou vinnig einde se kant toe, daai tyd wat almal kantoor funksies, jaar-einde gesellighede en kliënte etes hou en as mens nie vroegtydig plek bespreek of reël nie, dan is tweede beste dikwels al opsie in terme van lokaal keuses, spyseniering en vermaak vir jou spesiale geleentheid.
Kontak MGS Catering gerus nou al vir gratis kwotasies vir alle spysenering behoeftes, of dit nou vingerete borde kos, formele etes, soet en/of sout, halaal, vegetaries of ʼn spesiale gebak soos ʼn tema koek is, ons kan aan absoluut al die behoeftes voorsien in terme van smaaklike, vars voorbereide kos teen billike pryse. Behalwe korporatiewe funksies, doen ons ook ʼn volledige spit-braai, spyseniering vir troues en kan kos-geskenk pakkies opmaak met jou eie keuse van verskillende bestanddele, soos biltong, droë en/of vars vrugte en beskuitjies.
Al ons vingerete ‘platters’ word op groot borde uitgepak in porsies wat genoeg is vir tien tot twaalf mense, afhangende van die kombinasie van versnaperings wat gekies word. Al die porsies word daagliks vars voorberei in ons kombuis en net premium bestanddele en vars groente word daarvoor gebruik om te verseker dat die kos nie net smaaklik is nie, maar ook voedsaam is terwyl dit mooi lyk ook.
Ons kos smaak lekker omdat ons kos-fundi in die kombuis, Lian Papenfus, kos maak uit liefde uit en persoonlik sorg dat sy by elke bestelling persoonlik betrokke is om te verseker dat die kwaliteit deurentyd op standaard is.
Al is jul funksie volgende week, of eers oor twee maande, kontak ons nou en Lian sal vir julle ʼn kwotasie uitwerk wat by jul sak pas.
MGS Catering; Tel: 079 202 8084 Email: [email protected]. Website: www.mgscatering.co.za