De Queekvalleij Olijven Boerderij

Call Directions Contact the business

De Queekvalleij Olijven Boerderij De Queekvalleij Olijven Boerderij het 'n olyfboord op 'n gedeelte van die oorspronklike 1762 plaas. PO Box 52134
Waterfront
8002

Met duisende blommetjies aan toon die boord groot belofte vir die 2026 seisoen. Mag die goeie reëns tog net binnekort ko...
26/10/2025

Met duisende blommetjies aan toon die boord groot belofte vir die 2026 seisoen. Mag die goeie reëns tog net binnekort kom.

DeQ Erken Hasat 2025 is gebottel. Dit was ‘n baie klein oes en daar is net 100 bottels beskikbaar. Ons gewone EVOO sal e...
26/05/2025

DeQ Erken Hasat 2025 is gebottel. Dit was ‘n baie klein oes en daar is net 100 bottels beskikbaar. Ons gewone EVOO sal eers in laat Julie/Augustus beskikbaar wees.

DeQ is bevoorreg om weereens hierdie wonderlike kamermusiekfees (op ‘n klein manier) te ondersteun. Kom kuier in die Kar...
01/05/2025

DeQ is bevoorreg om weereens hierdie wonderlike kamermusiekfees (op ‘n klein manier) te ondersteun. Kom kuier in die Karoo en luister saam.

Ons laaste pluksessie van 2025 het in lekker koel weer afgeskop.
22/04/2025

Ons laaste pluksessie van 2025 het in lekker koel weer afgeskop.

Die tweede 2025 pluksessie het begin en lyk darem heelwat beter. Min olywe, maar mooi groot en lekker skoongewas na 4mm ...
24/03/2025

Die tweede 2025 pluksessie het begin en lyk darem heelwat beter. Min olywe, maar mooi groot en lekker skoongewas na 4mm reën oor die naweek. Vir ‘n verandering gee die bome my nie hooikoors van die stof nie. Terloops, die eerste pluksessie het ‘n skrale 8l olie opgelewer.

Na 33mm reën oor die afgelope naweek kan ons weer asem haal. Dis die eerste behoorlike reën in 4,5 maande, waartydens da...
10/03/2025

Na 33mm reën oor die afgelope naweek kan ons weer asem haal. Dis die eerste behoorlike reën in 4,5 maande, waartydens daar skaars 20mm reën geval het. Ons kan nou weer hoop op ‘n redelike tweede oes. Die eerste pluksessie het net 5% van verlede jaar se vroeë pluksessie opgelewer. 50kg vs 1 ton. Dit lyk dus of ons vanjaar nie Erken Hasat sal kan bottel nie. Ag nou ja…die lewe van ‘n boer…

Olyfolie geproe by Allpress op Waiheke Eiland. Hulle het so 6500 bome. Bly ek hoef nie hier EVOO te koop vir daaglikse g...
18/01/2025

Olyfolie geproe by Allpress op Waiheke Eiland. Hulle het so 6500 bome. Bly ek hoef nie hier EVOO te koop vir daaglikse gebruik nie. Bykans 400% duurder as soortgelyke gehalte olyfolie in RSA.

Geseënde Kersfees aan al ons DeQ vriende. Mag hierdie tyd en die nuwe jaar 2025 mooi wees vir elkeen van julle.
25/12/2024

Geseënde Kersfees aan al ons DeQ vriende. Mag hierdie tyd en die nuwe jaar 2025 mooi wees vir elkeen van julle.

2025 se DeQ oes in wording
11/11/2024

2025 se DeQ oes in wording

Die laaste DeQ 2024 organiese olyfolie is gebottel. Nou nog net die etikette…
10/11/2024

Die laaste DeQ 2024 organiese olyfolie is gebottel. Nou nog net die etikette…

Met die klein olyfvruggies wat net begin set, het ons 35mm se welkome reën gekry. As die wind wegbly, kan die oes goed w...
28/10/2024

Met die klein olyfvruggies wat net begin set, het ons 35mm se welkome reën gekry. As die wind wegbly, kan die oes goed wees. Terloops, hulle sê dat gemiddeld net 1-3% van die olyboom se blomme uiteindelik ‘n gesonde vrug word. Geen wonder dat die oeste so wild kan fluktueer nie.

Address

55 Kloof Street
Cape Town
8001

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 09:00 - 15:00
Wednesday 09:00 - 15:00
Thursday 09:00 - 15:00
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27827815874

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Queekvalleij Olijven Boerderij posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Queekvalleij Olijven Boerderij:

Shortcuts

Share