01/11/2025
https://spotify.link/d0184JtIUXb
Jy geniet musiek, gaan na musiek vertonings en ontmoet die musikante.
Almal talentvol en 'n spesialis in sy- of haar "genre" en musiek styl.
Jy voel geëert om hulle te kan ontmoet.
En dan kry jy vir Jakkie Louw, 'n musikant wie se musiek jy al vir jare luister, maar veral op Donderdagaande, want dan is dit braai-aand en jy maak musiek en roep die naweek nader.
Jy lag, kry gees en huil selfs soos sy liedjies in die agtergrond speel.
En dan ontmoet jy vir Jakkie Louw... 'n Seun van die Klein Karoo. Jy ervaar sy normes en waardes en jy voel ge-inspireër.
Jy pak 'n Guinness World Records braai rekord aan met die doel om Calitzdorp blootstelling te gee, jy vra vir Jakkie Louw om 'n temalied vir die rekordpoging te skryf en hy sê "ja"!
Toe jy weer sien, toe kry die liedjie 'n plek op Jakkie Louw se nuwe musiek album!
Ondersteun my missie om Calitzdorp blootstelling te gee en help my om vir Jakkie Louw "MOERSE dankie!" te sê deur sy nuwe album op Spotify te gaan luister, dit te "like" en dit op jou "social media" te deel.
Maak jouself gereed om gees te kry, te lag en te huil, want Jakkie Louw het groot gegaan en daarvoor sê ek vir Jakkie Louw "welgedaan"!!!