30/01/2023
More sluit ons een van die amazingste hoofstukke af. Kefi, jy is ons huis, ons 'community'!! Kan nie n oggend indink sonder die Kefi-manne groep se gelag en geskerts, ek die spesiale 'orders' van elke liewe kind -"'n wrap sonder mayo en tamatie, asb tannie". Alhoewel ons nou net aan die anderkant van die toonbank gaan wees.
Baie dankie Pieter vir al jou hulp, my Ma, Benita, vir inspring en torre op proppe hou. Dankie Laura en Bees!! Dankie Annelize vir die kalmte en vriendskap. Dankie aan alke klient wat ons ondersteun het.
Ons weet Linette gaan die Kefi gemeenskap net so lief kry en waardeer soos ons. Mag jy baie sukses en vreugde beleef tussen die groen mure van Kefi.
Cheers Kefi!