17/08/2026
🔥🏉 BRING EN BRAAI IS TERUG! 🇿🇦
Hierdie Saterdag vat die Bokke die All Blacks aan – en ons maak sommer ’n behoorlike middag daarvan by Die Ou Kar!
Die weer lyk lekker warm, die nuwe buite-TV is reg, die drankies is koud en ons steek die vure aan. 🔥🍻
Jy bring die vleis – ons sorg vir die vuur, pap & sous.
Het jy vergeet om vleis te koop? Ag wat… ons sal braaipakkies te koop hê ook. 😎
🇿🇦 SPRINGBOKS vs ALL BLACKS 🇳🇿
🏉 Kick-off 17:10
Kom vroeg, kry jou plek, kuier lekker en bring daai Bok-gees saam. Dis immers nie elke Saterdag wat ’n mens ’n verskoning kry om ’n tjoppie te braai, ’n koue een te drink én vir die All Blacks te skree nie. 😂🔥
Sien julle by Die Ou Kar!