31/03/2026
In liefdevolle herinnering aan SJ Koortzen.🌿
Met swaar harte neem ons afskeid van SJ Koortzen, wat op 29 Maart na ’n massiewe beroerte oorlede is.
Vandag sou hy sy 45ste verjaarsdag gevier het.🎈
SJ was nie net deel van Kgalagadi Lodge nie — hy wás die Kalahari. ’n Man met visie, drome en aksie.
Iemand wat nie net idees gehad het nie, maar dit geleef en gebou het. Sy passie vir mense, die lodge en die Kalahari self het ’n onuitwisbare merk gelaat op almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.
Hy was ’n leier wat geglo het in mense, wat ander opgehef het en geleenthede geskep het.
’n Perfeksionis met ’n oog vir detail, maar ook iemand met ’n groot hart — altyd bereid om te gee, altyd bereid om te help.
Sy nalatenskap leef voort in die spore wat hy getrap het, die drome wat hy begin het, en die lewens wat hy geraak het.
Die Kalahari sal nooit weer dieselfde wees nie.
Maar in elke rooi duin, elke wind wat oor die vlaktes waai, en elke sonsondergang — sal daar altyd iets van SJ wees!
Ons gedagtes en gebede is by Denise Koortzen Booysen, sy seuns, familie en almal wat hom liefgehad het. 🤍
Rus sag, SJ.
Ons sal jou nooit vergeet nie.