08/05/2025
In Mei 1995 het ek in Lübeck, Duitsland aangekom vir 'n Marzipan kursus.
Vandag 30 jaar later en ek is nie die Marzipan koning nie, want al waarvoor Marzipan by ons gebruik was, was vir Troukoeke en Vrugtekoeke. Marzipan sjokolade was altyd die bak wat vol gelê by die "Pick a Mix" in die OK Bazaar.
Wie kan nog die stukkies troukoek onthou wat elkeen gekry het op troues. Netjies toegedraai en met Marzipan bedek. Menigte het mos met die stukkie koek onder die kopkussing geslaap en dan geglo hulle sal van droom van die Prins op die perd of 'n Vrou met 'n besem.
Darem het ek 'n paar Duitse geregte geleer terwyl ek daar was.
Moet nie vir 'n Duitser 'n Eisbein neersit wat eintlik n Schweinshaxe is nie. Dit is so goed jy gee vir 'n Vrystater Post Toasties wat gevra het vir pap.
In Duitse kultuur word varke gesien as 'n simbool van Geluk, Rykdom en Voorspoed.
Dit is te danke aan die historiese assosiasie tussen varke en oorvloed. Varke was waardevolle diere op plase wat voedsel en voorspoed verteenwoordig het.
Eisbein word gekook met speserye en voorgesit, terwyl Schweinshaxe in die oond gerooster word.
Ons almal hou mos van 'n lekker bros vark "Crackling" en om ou gedagtes van die verlede te koester het Paljas op 9 Mei Schweinshaxe by die koswa op Struisbaai plein beskikbaar.
Vir slegs R100 kry jy 'n hele 1Kg Brosgebakte Schweinshaxe bedien met Duitse Aartappelslaai en 'n keuse van Tradisonele mosterd of tuisgemaakte Ouma mosterd. Ons bedien hierdie gereg vanaf 12H00 tot 14H00 en weer vanaf 18H00 - 19H30.
Bestellings kan reeds vandag geplaas word via whatsapp by 0736771744