25/07/2026
Van Nederland na Worcester....vir 'n koppie koffie en kos. ☕🇳🇱🇿🇦
Ons het die voorreg gehad om 'n wonderlike toergroep uit Nederland by ANNABeleef te ontvang. Hulle toerleier, Johan, het ná ons Carte Blanche-insetsel besluit om ANNABeleef by hul reisplan in te sluit.
Om te d**k dat 'n storie wat op televisie vertel is, mense van die ander kant van die wêreld na ons klein koffiewinkel in Worcester bring, bly vir my ongelooflik.
'n Groot dankie aan Johan vir sy vertroue en aan elke gas wat saam met ons gekuier het. Julle besoek het ons dag besonders gemaak.
Een van die gaste, Jessica, het hierdie pragtige 5⭐ Google-resensie agtergelaat:
"Tijdens onze rondreis door Zuid-Afrika hier geluncht. Wat een fantastische plek met een bijzondere geschiedenis. We hebben heerlijk gegeten en genoten van de gastvrijheid. Absolute aanrader!"
("Tydens ons rondreis deur Suid-Afrika het ons hier middagete geëet. Wat 'n fantastiese plek met 'n besondere geskiedenis. Ons het heerlik geëet en die gasvryheid geniet. 'n Absolute aanbeveling.")
Dankie aan elke persoon wat ANNABeleef ondersteun – of jy van Worcester, elders in Suid-Afrika of van die ander kant van die wêreld kom.
Julle help ons om aan te hou droom, aan te hou bou en elke dag met nuwe hoop ons deure oop te maak.
📍ANNABeleef (Ou Tronk) Distilleryweg 2 Worcester
📞 0716103232
📧 [email protected]
liefde ANNA
BELEEF | INSPIREER | LEEF