19/09/2026
Liewe Koekela gasβ¦ hierdie is regtig βn versoek uit ons harte.
Wanneer jy by ons bespreek, is ons so opgewonde om te kan mooi tafel dek en jou as gas te verwag, dis ons gunstelling ding om te kan voorberei - jou te laat welkom voel by ons, ons neem tyd, ons gee aandag en doen moeite om vir jou en jou vriende en familie regtestaan.
Maar wanneer jy βn groot tafel bespreking maak en net helfte van jou bespreekte aantal gaste daag op is dit vir ons bitter sleg.
Ons wys ander gaste weg. Ons mors spasie. Ons mors tyd. Ons mors ons harte wat ons uitleef vir leΓ« stoele.
Doen asb die moeite om ons in kennis te stel wanneer jou groep krimp⦠een of twee gaste is nie einde nie, en ons verstaan die lewe gebeur - maar as ons ander gaste kon verwelkom en bedien en ons liefde deel - hoekom dan nie.
Ons wil nie groep besprekings skuif en ongemaklik veroorsaak nie - ons doen ons beste om die lekkerste kuier te bied, ons vra dat jy as gas ons as Koekela in ag neem sowel as ander gaste wat hier wil tyd spandeer.
Neem net βn oomblik en d**k aan die gevolge van elke dag se klein besluite π
GabriΓ«lle