KOM ONS BOU...
2 Mei 1998 - 2 Mei 2019
21-Jaar gelede ...
met my bevestiging in die VGK-VREDENDAL, het Ds.Sean Esterhuizen, Sean Esterhuizen, toe nog Leraar en Herder van die VGK- Nuwerus (Huidiglik PSD-SKDD), my oppad gesit met 'n BEVESTIGINGSREDE uit Haggai 1: Herbou my huis. In 1999 is my Jaartema in die Gemeente: Vredendal: KOM ONS BOU....met Nehemia en Haggai as basis van die Bou, Herbou en Herstelproses van die VGK-VREDENDAL. Maklik was dit nie, maar moontlik met die hulp en krag van God en die mede bouers in die Vgk Vredendal...sommige leef nog...andere reeds gesterf...en baie steeds saam met my besig nog met die opbouwerk.
Vanoggend kan ek ook met trots bekend-stel ...ek glo nie die per toeval nie...maar binne die wil van God...op die vooraand van een van my grootste uitdagings in my lewe...baie groot lewensveranderende operasie vanweë Kanker....wat vir my binne enkele weke wag....dat ek my DERDE BOEK: KOM ONS BOU...bekendstel....gereed vir verspreiding.
Dit het gister laat namiddag van die drukkery in die Stad gekom: Bidvest Data. Wat 'n tydige skat...nalatenskap...met die viering van 21- Jaar van Genade binne die VGK- Vredendal.
Hierdie boek: KOM ONS BOU..nav Nehemia 1-4 word opgedra aan die WUPPERTAL MORAWIESE SENDINGDORPIE IN DIE SEDERBERGE NABY CLANWILLIAM ....se Her-Opbou proses na die vernietigende brande op 30 Desember 2018.
Die boek is tans net beskikbaar...direk van my af. Kontak besonderhede: Pedro Aden Oktober
Selnr: 083 5208601 of 027 2131151
Epos adres:
[email protected].
Die boek bevat 270 bladsye...heelwat gedigte van bekendes wat hul ervaring oor die brande belig in poësie, 60 bladsy gekleurde foto album van Wupprtal..voor...tydens...en ns die brand. Dan word die meeste aandag gegee aan die teologiese...Bybelse besinning vanuit Nehemia 1-4 en Haggai...mbt die bou..opbou..en herbou van die mure van Jerusalem en die gebrande poorte en die vertroosting van die Godsvolk in hulle uur van nood. Hieruit hoop die skrywer...waardevolle lesse geleer en geneem mag word vir die Wuppertal Opbou proses. Dit is waarlik 'n kultuur erfenis...teologiese handboek....historiese skat vir nageslagte en elkeen wat belangstel om hierdie boek te koop.
Prys: R220...posgeld uitgesluit.
Bankbesonderhede:
Rekeninghouer: Pedro Aden Oktober
Bank: ABSA Vredendal
Rekeningnr: 9343786463
Vir elke boek wat verkoop word, word R50 aan die Wuppertal Rampfonds of Opboufonds geskenk. Boeke is baie beperk...agv drukkoste wat baie hoog is en wat deur my self onderneem moes word. GEEN winste word uit die verkoop van die boeke gemaak nie, slegs die koste van die boek: professionele redigering, taalkunige versorging, druk, vervoer en versending deur KREATIV SA UITGEWERS IN GEORGE ... Myra Lochner Herman Lochner en BIDVEST DATA vir die Kwaliteit Drukwerk en Koerier van die boeke na Vredendal.
Nogmaals Baie dankie vir U ondersteuning met die aankoop van hierdie boek en almal se gebede hieromtrent.
Ds. Pedro Aden Oktober
VGK VREDENDAL
1 Mei 2019