29/09/2026
Onthou julle die Ciabatta broodjie?
Ek het βn rukkie terug βn video gedeel van die heerlike Ciabatta wat ek gebak het met die Buckets of Blessings mengsel. Ek gaan sommer weer die video in die comments sit vir diΓ© wat dit gemis het.
Maar vandag wil ek julle graag van iets anders vertelβ¦
Ek het besluit om betrokke te raak by βn ongelooflike mooi inisiatief wat tans vir Louis en sy gesin begin is. Louis het geweldige groot mediese uitgawes, en βn paar mense het besluit om hom βn hand te gee op βn manier wat nie net vir hom help nie, maar ook vir ander mense βn seΓ«n kan wees.
Hulle het hierdie Kersfees-emmer saamgestel met 2 pakke van die 5-in-1-mengsel, genoeg om verskillende heerlike brode en gebak te maak.
π R125 per emmer
π 15 of meer = R120 per emmer
π 15 emmers = R1 800
En hier is waar ek graag wil helpβ¦
As jy in Nelspruit is en by my gevriesde etes bestel, kan jy jou Kersfees-emmer saam met jou kosbestelling bestel. Ek sal dit dan vir jou aflewer wanneer ek jou Kandas Kook-bestelling aflewer.
Ek het βn groot begeerte om hulle te help waar ek kan. Abba doen elke dag so ongelooflik baie vir my, en ek kan eenvoudig nie anders as om ook iets van die liefde en seΓ«n wat ek ontvang het, terug te gee nie.
En dan het iets besonders gebeurβ¦
Iemand het reeds 15 emmers gekoop en gesΓͺ ons mag dit aan behoeftige gesinne skenk. Hoe mooi is dit nie?
So, as jy dalk vanjaar βn klein Kersgeskenkie vir iemand wil koop, of sommer net βn gesin wil seΓ«n, oorweeg asseblief een van hierdie emmers.
Elke emmer wat verkoop word, help ontsaglik baie en help ons om hierdie projek βn behoorlike hupstoot te gee.
Kom ons maak hierdie Kersfees βn bietjie mooier vir iemand anders.
As jy een wil bestel, stuur gerus βn WhatsApp.
Bestellings: 072 601 8471
Www.bucketsofblessings.co.za
βDit is saliger om te gee as om te ontvang.β β Handelinge 20:35