20/08/2026
Goeiedag almal, soos julle weet het Indraf se deure toegemaak. Hiermee wil ons julle inlig dat ons gaan terugval op ons eerste liefde. Daarom gaan ons ook ons blad se naam verander. HOUTWERK. Ons gaan weer begin houtmeubels bou, soos ons gedoen het vir baie jare in Potgietersrus voor ons hierheen verhuis het. Ons hoop en vertrou dat ons ook hierin julle ondersteuning en vertroue sal hê soos wat met die kos die geval was. Ons is vol vertroue en geloof dat hierdie die regte stap is om te neem. Al die foto's wat geplaas gaan word, is iets wat ons reeds vir iemand gebou het.
Groete Jaco en Mari