01/04/2026
Liewe Bonzo-vriende 🐾🐾
Ek wil net vandag uit my hart dankie sê vir elke gebed, elke boodskap en elke gedagte die afgelope paar dae. Ek het alles gesien… en dit het vir my ongelooflik baie beteken.
Om te sien hoe Bonzo aanvalle kry en nie te weet wat fout is nie… breek ’n mens se hart.
Ons het hom Kaapstad toe geneem vir spesialis toetse en ’n Brein MRI. Die uitslae wys dat die oorsaak van sy epilepsie waarskynlik hoë bloeddruk is – iets wat selfs vir die spesialiste ongewoon is.
Bonzo is nou weer by die huis en hy is stabiel en bly om uit die ICU te wees. �Maar ons pad is nog nie klaar nie.
Ons moet môre weer 440 km terug Kaapstad toe vir verdere ondersoeke om die oorsaak beter te verstaan en reg te behandel.
Ek glo regtig julle gebede het ’n verskil gemaak, en ek wil vra dat julle asseblief nog saam met ons sal stap op hierdie pad 🐾🐾❤️
Hy is nie net my hond nie… hy is deel van soveel mense se lewens.
Dankie weer vir al die liefde en ondersteuning. Liefde altyd. Bonzi & Johan🐾🐾❤️
Dear Bonzo friends 🐾🐾
I just want to say a heartfelt thank you for every prayer, message, and thought over the past few days. I saw them all… and it meant more than I can explain.
Watching Bonzo have seizures and not knowing what was wrong was heartbreaking .
We took him to Cape Town for specialist tests and a Brain MRI. The results suggest that the cause of his epilepsy is likely high blood pressure – something even the specialists say is quite unusual.
Bonzo is now back home and stable 🙏�But our journey isn’t over yet.
Tomorrow we have to travel the 440 km back to Cape Town for further investigation to better understand and treat the high blood pressure.
I truly believe your prayers have made a difference, and I want to ask that you please continue to keep him in your thoughts as we walk this road 🐾🐾❤️
He’s not just my dog… he’s part of so many people’s lives.
Thank you again for all the love and support. Love always. Bonzi & Johan 🐾🐾❤️